Oumansoutbos
Die oumansoutbos (Atriplex nummularia Lindl.) is 'n soutliewende plant wat oorspronklik uit Australië stam, waar dit in groot dele van die droë binneland aangetref word, maar dit is ook in Suid-Afrika ingevoer en word hier selfs aangeplant.
Oumansoutbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | A. nummularia
|
Binomiale naam | |
Atriplex nummularia Lindl. 1848
|
Dit is 'n immergroen struik wat 3,5 m hoog kan word. Die blomme is eenhuisig en eenslagtig: daar is aparte manlike en vroulike blomme op dieselfde plant. Die blomme word deur die wind bestuif. Die grond kan suur, neutraal of basies wees en sand- of leemagtig. Dit groei goed op brakgrond, maar nie in die skaduwee nie.
Die plant is eetbaar en die blare, jong skeute en sade kan gekook word. Die sade lewer 'n meel wat vir die bak van brood gebruik kan word.[1]Die sade is volop en is deur die Aborigines as tradisionele bron van voedsel gebruik. Die stamme lewer hout met 'n digtheid van 600 kg.m3
Die struik kan meer as 15 jaar oud word. Die blare is smaaklik vir vee, maar die plant is gevoelig vir blaarvreters.[2] Dit word in Suid-Afrika ook vir voeder vir volstruise benut.[3]
Verwysings
wysig- ↑ PFAF.
- ↑ "Florabank" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2019.
- ↑ "Landbou.com 10 Feb 2005". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2014. Besoek op 10 Julie 2017.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Atriplex nummularia. |