BMW N43
Die BMW N43 is 'n natuurlik-geaspireerde inlynviersilinder-petrolenjin wat van 2006-2013 bemark is. Dit het sowel die BMW N46 as die BMW N45-enjins vervang.[1] Die N43 is egter nie in lande met 'n hoë swawelbrandstof verkoop nie,[2] daarom is die N45/N46-enjins langs die N43 in produksie gehou.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | BMW |
Produksietyd | 2007-2011 |
Konfigurasie | Inlynviersilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 1.6-2.0 L |
Blok | Aluminium |
Kopstuk | Aluminium |
Stelsels | |
Klepwerking | DBNA met VVT en VVL |
Brandstoftipe | Petrol |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | BMW N46/N45 |
Opvolger | BMW N13 |
In vergelyking met sy N46-voorganger, bied die N43 direkte inspuiting.[3]
Weens BMW se verskuiwing na turboaanjaers in 2011, is die N43 vervang deur die BMW N13 turbo-aangejaagde viersilinderenjin. Die N43 het verskeie diensprobleme ondervind - breek van die plastiekgidse van die nokketting wat gelei het tot oliehonger omdat die puin die oliesiffie blokkeer het, en probleme met die inspuiters, klospakke en die NOx-sensor.
Weergawes
wysigWeergawe | Verplasing | Krag | Wringkrag | Jaar |
---|---|---|---|---|
N43B16 | 1599 cc | 90 kW teen 6 000 rpm | 160 Nm teen 4 250 rpm | 2008-2011 |
N43B20 | 1995 cc | 185 Nm teen 3 000 rpm | 2007-2011 | |
110 kW teen 6 000 rpm | 200 Nm teen 4 500 rpm | |||
125 kW teen 6 700 rpm | 210 Nm teen 4 250 rpm |
Verwysings
wysig- ↑ "BMW 116i now powered by 2.0L N46 Valvetronic". www.paultan.org. Besoek op 3 Junie 2012.
- ↑ "BMW N43, N45 and N46 Four Cylinder Valvetronic Engines". www.unixnerd.demon.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2020. Besoek op 1 April 2017.
- ↑ "Engine specifications for N43 engines". www.bmwheaven.com. Besoek op 3 Junie 2012.