Baardolie
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Baardolie is 'n olie wat op die baard en gesig van 'n man gesit word om die baard meer soepel en sag te maak. Baardolies kom met verskillende parfuum soos appel, laventel, vanielje, muskus en dies meer.[1] Baardolie word oor die algemeen gemaak uit 'n mengsel van koudgeperste olies en word in bottels wat ultraviolet-bestand is verkoop.