Balinese kat
Die Balinese kat (Engels: Balinese) is ’n langharige katras met kleurpunte soos ’n Siamese kat. Dit is hoofsaaklik ’n Siamees, maar met mediumlang hare en ’n pluimstert.
Balinese kat | ||||
Alternatiewe naam | Langhaar-Siamees | |||
Land | VSA | |||
Ontstaan | Kruisras | |||
Soort lyf | Oosters | |||
Pels | Lank | |||
Patroon | Kleurpunt | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
|
Geskiedenis
wysigDie Balinese kat is nie van Bali of enige ander deel van Indonesië nie. Dit is nie ’n natuurlike ras nie, maar die gevolg van ’n menslike teelprogram.
Die kat is oorspronklik geregistreer as ’n "langhaar-Siamees" en is bekend sedert die vroeë 1920's. Die langhaarkatjies wat per geleentheid in ’n Siamese werpsel voorkom, was aanvanklik nie skoudiere nie, maar is as troeteldiere verkoop omdat hulle so besonders was. Dit het in die middel 1950's verander toe twee telers, Marion Dorsey van die Rai-Mar Cattery in Kalifornië en Helen Smith van die MerryMews Cattery in New York ’n teelprogram met dié langhaarkatte begin het.
Die naam is gekies omdat Smith gevoel het hulle het die grasie en skoonheid van Balinese dansers en omdat "langhaar-Siamees" ’n redelike lang naam was. Hulle het hierna gewild geword en verskeie telers het daaraan gewerk om die ras te "vervolmaak". Dit het gelei tot twee verskillende voorkomste: dié met ’n tradisionele of "appelvormige" kop en die meer moderne voorkoms wat deur telers en beoordelaars verkies word.
Beskrywing
wysigDie Balinese kat word beskou as die intelligentse langhaar-ras (9–10). In vergelyking is Persiese katte 6 en kleurpunt-langhaarkatte 7.[1] Hulle word 18-21 jaar oud. Die tradisionele soort se pels is sowat 5 cm lank oor sy hele liggaam en hy is ’n stewige kat met ’n halfronde snoet en ore. Die moderne kat het ’n veel korter pels. Dit is feitlik identies aan ’n Siamees buiten die stert wat ’n syagtige pluim vorm. Die kop is wigvormig en die oë helderblou.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ J. Anne Helgren, 1997. Barron's Encyclopedia of Cat Breeds: A Complete Guide to the Domestic Cats of North America. Barron's Educational Series, 1997. ISBN 978-0-7641-5067-8.
Eksterne skakels
wysig- Suider-Afrikaanse standaarde Geargiveer 7 Mei 2013 op Wayback Machine
- Inligting oor die tradisionele Balinese kat
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Balinese kat.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Balinese kat.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia