Bandjarees
Bandjarees (Bahasa Banjar, بهاس بنجر; letterlik: "taal van Bandjar") is 'n Maleis-Polinesiese taal wat in Suidoos-Asië op die eiland Borneo in die Suid-Kalimantan-provinsie van Indonesië gepraat word. Die taal word tans deur sowat 3,5 miljoen mense gepraat, hoofsaaklik Bandjarese.
Bandjarees Bahasa Banjar, بهاس بنجر | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Indonesië | |
Gebied: | Suidoos-Asië | |
Totale sprekers: | 3,5 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Kern-Maleis-Polinesies Maleis-Soembawa Maleis Malay Bandjarees | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet (algemeen) Arabiese alfabet (Jawi) | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | bjn | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Bandjarees is verwant aan Balinees, Chamorro, Indonesies/Maleis, Javaans, Madoerees, Minangkabau, Palauaans en Soendanees. Dit is ietwat minder verwant aan Filippynse tale soos Cebuano en Tagalog (Filippyns) en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.
Bandjarees word soms as 'n dialek van Maleis beskou, maar dit word nie algemeen aanvaar nie, hoewel die Maleise taal 'n groot invloed op Bandjarees uitgeoefen het. Dit word met die Latynse of die Arabiese alfabet geskryf.
Verwysings
wysig- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Banjar" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 31 Augustus 2018.