Barbara Walters
Barbara Walters (Brookline (Massachusetts), 25 September 1929 – New York, 30 Desember 2022 [1]) was 'n Amerikaanse joernalis, skrywer, televisie-aanbieder en mediapersoonlikheid. In die Verenigde State is sy as 'n invloedryke en gerespekteerde persoon gesien. Sy het verskeie oggendprogramme soos The View en Today aangebied. Sy het die bynaam 'die koningin van oggendtelevisie' (dagtydprogramme) gekry. Walters was 'n nuusleser op oggendtelevisie. Sy het vir meer as 'n dekade die oggendnuus vir NBC se Today aangebied. Sy het toe aanbeweeg na ABC se 20/20, 'n nuusprogram. Walters was die eerste Amerikaanse nuusleser wat dubbele aanbiedings gedoen het (mede-aanbieder) en die eerste vroulike aanbieder in die VSA wat 'n 'top salaris' verdien het.
Walters het aangekondig dat sy in Mei 2014 gaan aftree. In 2015 het sy egter ’n paar spesiale uitsendings gemaak; dit was haar laaste verskynings as gasvrou op televisie.
Verwysings
wysig- ↑ (en) Dagan, Carmel Barbara Walters, Pioneering Journalist and Queen of Celebrity Interviews, Dies at 93, variety.com, 30 Desember 2022.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |