Barney
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Barney is 'n karakter in 'n Amerikaanse TV-reeks vir jong kinders. Die hoofkarakter, Barney, is ’n sagmoedige, dog ietwat swaksinnige pers dinosourus (meer spesifiek, 'n Tyrannosaurus rex).[1] In die storie gebruik Barney, wat 'n vriendelike aardsoptimis is, liedjies en danspassies om sy boodskap oor te dra.[2] Dit is 'n opvoedkundige reeks vir kinders van 1 tot 8 jaar.
Dié karakter is in 1987 deur Sheryl Leach bedink, op soek na 'n moontlike nuwe TV-program wat tot haar seun kon speek. Sy maak 'n reeks video's saam met 'n span, getiteld Barney and the Backyard Gang. Die video's was redelik suksesvol, en trek die aandag van PBS, wat haar 'n kontrak aanbied om 'n TV-reeks oor die karakter te maak.
Die eerste episode van Barney is op 6 April 1992 uitgesaai. Die reeks is oor die jare deur verskillende maatskappye vervaardig. Sedert 2009 is daar nie meer nuwe episodes geproduseer nie en die laaste program is op 18 September 2009 gebeeldsend. Dit is daarna herhaaldelik heruitgesaai.
Daar is sprake dat die reeks in 2017 voortgesit sal word.[3]
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ Gorman, James (11 April 1993). "TELEVISION VIEW; Of Dinosaurs Why Must This One Thrive?". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2019. Besoek op 14 Augustus 2010.
- ↑ http://deadline.com/2015/10/barney-angelina-ballerina-new-episodes-no-offence-france-1201568137/
Eksterne skakels
wysig- Amptelike webtuiste (en)
- Barney op IMDb