Basketball Arena
Die Basketball Arena is 'n sportsaal in die Olimpiese Park in Stratford, Londen. Die sportsaal is gebruik vir die Olimpiese Somerspele en die Paralimpiese Somerspele van 2012.
Basketball Arena | ||
Bynaam | Basketbal Arena | |
---|---|---|
Ligging | Stratford, Londen | |
Koördinate | 51°32′54.96″N 0°0′50.04″W / 51.5486000°N 0.0139000°W | |
Operateur | Olympic Delivery Authority | |
Kapasiteit | 12 000 | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | Oktober 2009 | |
Gebou | Junie 2011 | |
Argitek | Wilkinson Eyre Architects | |
Struktuuring. | SKM | |
Dienste-ing. | SKM | |
Alg. kontrakteur | SKM | |
Hoofkontrakteurs | Barr Construction Ltd | |
Huurders | ||
Olimpiese Somerspele 2012 Paralimpiese Somerspele 2012 |
Die Basketbal Arena is in 2011 geopen en bied sitplek vir 12 000 toeskouers.
Naas al die basketbal-wedstryde is die halfeindstryde en eindstryd van die handbal-items hier gespeel.
Tydens die Paralimpiese Spele is die Arena vir rolstoel-basketbal en rolstoel-rugby ingespan.
Die Arena sal na afloop van die Spele afgebreek en elders in die Verenigde Koninkryk herbou word.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Basketball Arena (London). |