Bedryfsingenieurswese
Bedryfsingenieurswese gaan oor die beplanning, ontwerp, verbetering, meting en bestuur van bedryfstelsels waarvan die kernkomponente bestaan uit strategie, prosesse en hulpbronne (soos mense, inligting, tegnologie, toerusting, materiaal en geld).
Missie
wysigBedryfsingenieurswese se missie is om die produktiwiteit van 'n bedryfstelsel te verhoog deur die doeltreffendheid en effektiwiteit van die stelsel te verbeter.
Bedryfsingenieurswese vakgebiede
wysigBedryfsingenieurswese dek onder andere die volgende vakgebiede:
- Gehalteversekering
- Ondernemingsargitektuur en ondernemingsontwerp
- Operasionele navorsing
- Besigheidsprosesontwerp
- Inligtingstegnologie
- Stelselingenieurswese
- Vervaardiging: prosesse en produksiebeplanning
- Logistiek, toustaanteorie en voorraadmodelle