Beechcraft 1900

Amerikaanse veeldoelige vliegtuig

Die Beechcraft 1900 is 'n 19-sitplek passasiersvliegtuig met 'n drukkajuit, aangedryf deur twee turboskroefmotore en vervaardig deur Beechcraft. Dit is ontwerp en word meestal gebruik vir streeksdienste. Dit word ook gebruik vir die vervoer van vrag, as 'n korporatiewe vervoermiddel en deur verskeie regerings- en militêre instansies.

Beechcraft 1900
'n Continental Connection 1900D
Tipe Passasiersvliegtuig
Vervaardiger Beech Aircraft Corporation
Raytheon Aircraft Company[1]
Nooiensvlug 3 September 1983[2]
Bekendstelling Februarie 1984
Status Aktief
Hoofgebruikers Ameriflight
Alpine Air Express
Central Mountain Air
Searca
Vervaardig 1982-2002
Aantal gebou 695
Eenheidskoste VS$ 4.995 miljoen (2001)[2]
Ontwikkel van Beechcraft Super King Air

Produksie is in Oktober 2002 gestaak omrede die mark begin het om groter vliegtuie te gebruik.[3]

Die vliegtuig was ontwerp om passasiers in alle weerstoestande te kan dra vanaf lughawens met relatief kort aanloopbane. Dit het 'n togafstand van 970 km, maar min lugrederye gebruik die vliegtuig se togafstand ten volle. In terme van die aantal vliegtuie gebou en steeds in gebruik, is dit een van die gewildste 19-sitplek passasiersvliegtuie ooit.[4]

Verwysings

wysig
  1. "Type Certificate Data Sheet No. A24CE" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 Desember 2016. Besoek op 6 Desember 2019.
  2. 2,0 2,1 Jackson 2003, pp. 535–536.
  3. "Beech 1900 Airliner". globalsecurity.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2019. Besoek op 4 Augustus 2018.
  4. John Pike. "C-12J". globalsecurity.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2019. Besoek op 18 Januarie 2015.

Eksterne skakels

wysig