Ben Macdhui
Ben Macdhui is 'n 3 001 m hoë bergpiek in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die piek is net noord van Rhodes in die Suidelike Drakensberg. Dit is na Ben Macdhui in Skotland vernoem. Dit is die hoogste piek wat totaal en al in die Oos-Kaap lê; KwaDuma is hoër, maar dit lê op die grens met Lesotho.
Ben Macdhui | |
---|---|
Tiffindell Ski-oord aan die suidekant van Ben Macdhui in somer
| |
Ligging | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Hoogte | 3 001 meter bo seevlak |
Reeks | Suidelike Drakensberge |
Koördinate | 30°38′S 27°56′O / 30.633°S 27.933°O |
Die Naudésnekpas, die tweede hoogste motorpas in Suid-Afrika, is net suid van die piek.[1]