Berg Hermon (Arabies: جبل الشيخ – Jabal al-Shaikh 'berg van die sjeik', ook na verwys as 'sneeuberg') is 'n berg in die Anti-Libanon gebergte, op die huidige grens van Libanon, Sirië en die deur Israel besette Golanhoogland. Op 2 814 meter bo seespieël is dit die hoogste berg in Sirië. Die Hermon grens aan die verre noorde van die Golanhoogland.[1]

Berg Hermon

Grensgebied en riviere

wysig

Die suidelike en suidwestelike hange van berg Hermon, saam met die Golanhoogte in die suide, word sedert die einde van die Sesdaagse Oorlog op 10 Junie 1967 deur Israel beset. Die bergpieke self het onder Siriese beheer gebly. Aan die voet van berg Hermon lê die deur Israel besette bronne van die Paniasrivier. Nog 'n rivier wat aan die voet van Hermon ontspring, is die rivier Dan. Albei is deel van die vier riviere wat die oorsprong van die Jordaanrivier vorm. Die Dan is die belangrikste bron van die Jordaanrivier en was die enigste bron daarvan wat reeds voor die Sesdaagse Oorlog in Israel se hande was.

Hebreeuse Bybel

wysig

Die berg Hermon word verskeie kere in die Hebreeuse Bybel genoem. Die Psalms sing byvoorbeeld drie keer daaroor (Ps. 42, 89 en 133). In die Hebreeuse Bybel word Hermon beskou as die noordelike grens van die land wat deur God aan die Israeliete beloof is. [2]

Ski area

wysig

Aan die helling van die Hermon is daar 'n ski-area met 'n skiskool wat baie Israeli's lok. Daar is restaurante aan die onderkant en bokant van die hange.

  • Hoogste ski-vlak: 2 073 m
  • Aantal ski-hellings: 14
  • Totale lengte van die ski-hellings: 45 km

Verwysings

wysig
  1. Syrië, Namen.taalunie.org. Gearchiveerd op 13 juli 2022.
  2. Jozua 13:1-7 (met name vers 5), NBV