Bertrams
Bertrams is 'n voorstad van Johannesburg in Suid-Afrika. Dit is 'n klein woongebied wat aan die oostekant van Johannesburg se middestad geleë is, tussen Doornfontein en Lorentzville, met Troyeville in die suide.
Bertrams | |
---|---|
Koördinate: 26°11′34″S 28°3′58″O / 26.19278°S 28.06611°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,39 km2 (0,15 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 906 |
• Digtheid | 10 015/km2 (25 940/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 10.7% |
• Indiërs/Asiërs | 3.4% |
• Bruin mense | 7.6% |
• Swart mense | 77.1% |
• Ander | 1.3% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 21.3% |
• Engels | 16.9% |
• Afrikaans | 11.4% |
• Suid-Ndebele | 7.5% |
• Ander | 42.9% |
Poskode (strate) | 2094 |
Poskode (posbusse) | 2000 |
Skakelkode | 011 |
Geskiedenis
wysigBertrams is sowat 3 km noordoos van die stadsaal geleë. Dit is genoem na Robertson Fuller Bertram, ’n aandelemakelaar wat ’n miljoenêr geword het. Hy het die grond gekoop by F.J. Bezuidenhout, die eienaar van die plaas Doornfontein na wie Bezuidenhoutsvallei genoem is. Die woonbuurt wat hy daarop aangelê het, het hy Bertramstown genoem. Dit is op 16 Augustus 1889 tot dorpsgebied verklaar.
In Bertramstown is een van die eerste groot herehuise in Johannesburg gebou teen ’n koste van £35 000, ’n reusebedrag in 1891. Die huis het in die vroeë 1970's nog gestaan en staan bekend as Klooflands; dis opgerig vir ’n Amerikaanse myningenieur, Joseph S. Curtis, wat lid geword het van die Reform Committee. Curtis het gemeen Bellevue-Sentraal sou ’n eksklusiewe voorstad word. Teen 1911 het hy besef dit sou nie die geval wees nie en het hy die gebied aan die Transvaal Consolidated Land & Exploration Comapny verkoop, wat dit toe deel gemaak het van Lorentzville.
Bronne
wysig- (en) Potgieter, D.J. (ed.) 1971. Standard Encyclopaedia of Southern Africa, volume 2. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Bertrams". Sensus 2011.