Bhumibol Adulyadej
Bhumibol Adulyadej (Thai: ภูมิพลอดุลยเดช, Phumiphon Adunyadet, [pʰūː.mí.pʰōn ʔà.dūn.já.dèːt] ; (1927–2016), bekend as koning Bhumibol die Grote, was die negende koning van Thailand.[1] Hy was ook bekend as Rama IX, want hy was die negende monarg van die Chakri-dinastie. Hy het sedert 9 Junie 1946 geheers en was die wêreld se langsdienende staatshoof[2] en die langsregerende vors in Thailand se geskiedenis.[3]
Bhumibol Adulyadej | |
---|---|
Koning van Thailand | |
Bhumibol Adulyadej in 2010 | |
Dinastie | Mahidol en Chakri |
Bewind | 9 Junie 1946 - 13 Oktober 2016 |
Kroning | 5 Mei 1950 |
Gebore | 5 Desember 1927 |
Cambridge, Massachusetts | |
Gesterf | 13 Oktober 2016 (op 88) |
Bangkok, Thailand | |
Voorganger | Ananda Mahidol |
Opvolger | Maha Vajiralongkorn |
Gade | Sirikit Kitiyakara (1950–2016) |
Kinders | Prinses Ubolratana Rajakanya Kroonprins Maha Vajiralongkorn Prinses Maha Chakri Sirindhorn Prinses Chulabhorn Walailak |
Vader | Mahidol Adulyadej |
Moeder | Srinagarindra |
Koning Bhumibol is op 5 Desember 1927 in Cambridge, Massachusetts in die Verenigde State van Amerika gebore. Hy het in Switserland studeer. Hy was ook 'n musikant, kunstenaar en matroos.
Bhumibol was 'n miljardêr en het van sy geld gebruik om meer as 3000 ontwikkelingsprojekte, meestal in landelike gebiede, te befonds. As gevolg hiervan was hy baie gewild in Thailand en is deur sommige as 'n semi-goddelike figuur beskou.[4]
Ná 'n tydperk van swak gesondheid, sterf Bhumibol op 13 Oktober 2016 aan nierversaking by die Siriraj hospitaal in Bangkok. Hy was 88 jaar oud.[5]
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ (en) Reuters (13 Oktober 2016). "Thailand's King Bhumibol Adulyadej, world's longest-reigning monarch, dies". Besoek op 14 Oktober 2016 – via The Hindu.
{{cite web}}
:|last=
has generic name (hulp) - ↑ "A Royal Occasion speeches". Journal (in Engels). Worldhop. 1996. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2019. Besoek op 5 Julie 2006.
- ↑ Montlake, Simon (12 Junie 2006). "Backstory: The king and Thai" (in Engels). The Christian Science Monitor. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2020. Besoek op 4 Maart 2008.
- ↑ (en) "Thailand's King Bhumibol Adulyadej dies, aged 88". The Straits Times. Besoek op 13 Oktober 2016.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bhumibol Adulyadej.