Chakri-dinastie
Die Chakri-dinastie (Thai: ราชวงศ์จักรี, Ratchawong Chakkri, ) is die huidige regerende dinastie van die Koninkryk Thailand. Die hoof van die huis is die koning en staatshoof. Die familie regeer oor Thailand sedert die stigting van die Rattanakosin-tydperk en die stad Bangkok in 1782, en ná die einde van Taksin Thonburi se bewind, toe Siam se hoofstad na Bangkok geskuif is. Die koningshuis is gestig deur Rama I, 'n militêre leier van Ayutthaya. Hy was van Sino-Mon-afkoms.[1]
Huis van Chakri | |
---|---|
Die embleem van die Huis van Chakri.
| |
Plaaslike naam | ราชวงศ์จักรี |
Land | Thailand |
Godsdiens | Boeddhisme |
Titel van hoof | Koning van Siam (1782-1949) Koning van Thailand (1949-tans) |
Stigter | Rama I |
Huidige hoof | Rama X |
Stigting | 6 April 1782 |
Voordat hy die troon bestyg het, was Rama I jare lank die minister van burgersake, met die gepaardgaande adellike titel chakri. Toe hy die dinastie stig, het hy "Chakri" as die naam daarvan gekies. Die huis se embleem bestaan uit die diskus (chakra) en drietandvurk (trisula), die hemelse wapens van die gode Vishnu en Shiva, van wie die Thaise koning volgens oortuiging die inkarnasie is.
Die huidige hoof van die huis is Maha Vajiralongkorn, wat op 1 Desember 2016 koning geword het, maar terugwerkend van 13 Oktober 2016 regeer ná die dood van sy pa, Bhumibol Adulyadej. Die huis se huidige setel is die Groot Paleis. Die kroning van Vajiralongkorn en die tradisionele seremonie het op Saterdag 4 Mei 2019 in Bangkok plaasgevind.[2]
Lede
wysigDie belangrikste lede van die Huis van Chakri is:
- Koning Maha Vajiralongkorn (Phra Vajira Klao Chao Yu Hua)
- Koningin Suthida (die koning se gemalin)
- Prinses Bajrakitiyabha (die koning se dogter)
- Prinses Sirivannavari (die koning se dogter)
- Prins Dipangkorn Rasmijoti (die koning se vyfde en jongste seun en vermoedelike opvolger tot die troon)
- Koningin Sirikit, die koninginmoeder
- Prinses Sirindhorn (koning Rama IX se dogter)
- Prinses Chulabhorn, (koning Rama IX se dogter)
- Prinses Siribhachudhabhorn (prinses Chulabhorn se dogter)
- Prinses Adityadhornkitikhun (prinses Chulabhorn se dogter)
- Prinses Ubolratana Rajakanya (koning Rama IX se dogter)
Konings
wysigBeeld | Naam | Gebore | Bewind begin | Bewind eindig | Dood | Gemalinne | Kinders |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Phrabat Somdet Phra Paramoruracha Maha Chakri Borommanat Phra Buddha Yodfa Chulaloke (Rama I) |
20 Maart 1737 Ayutthaya |
6 April 1782 (gekroon in die Dusit Maha Prasat-saal, Groot Paleis, op 10 Junie 1782) |
7 September 1809 Groot Paleis, Bangkok op 72 |
Koningin Amarindra en 31 ander gemalinne |
42 (17 seuns en 25 dogters) | ||
Phrabat Somdet Phra Boromratchapongchet Mahetsawarasunthon Phra Buddha Loetla Nabhalai (Rama II) |
24 Februarie 1767 Ayutthaya |
7 September 1809 (gekroon in die Phaisan Thaksin-saal) |
21 Julie 1824 Groot Paleis, Bangkok op 57 |
Koningin Srisuriyendra Prinsesgemalin Sri Sulalai en 51 ander gemalinne |
73 (38 seuns en 35 dogters) | ||
Phrabat Somdet Phra Paramathiworaset Maha Jessadabodindra Phra Nangklao Chao Yu Hua (Rama III) |
31 Maart 1788 Thonburi-paleis, Bangkok |
21 Julie 1824 (gekroon in die Phaisan Thaksin-saal) |
2 April 1851 Groot Paleis, Bangkok op 63 |
42 gemalinne | 51 (22 seuns en 29 dogters) | ||
Phrabat Somdet Phra Paramenthra Ramathibodhi Srisindra Maha Mongkut Phra Chom Klao Chao Yu Hua Phra Syamadevamahamakut Vidyamaharaj (Rama IV) |
18 Oktober 1804 Thonburi-paleis, Bangkok |
2 April 1851 (gekroon in die Phaisan Thaksin-saal op 15 Mei 1851) |
1 Oktober 1868 Groot Paleis, Bangkok op 63 |
Koningin Somanas Vadhanavadi Koningin Debsirindra Prinses Pannarai en 58 ander gemalinne |
82 (39 seuns en 43 dogters) | ||
Phrabat Somdet Phra Paraminthra Maha Chulalongkorn Phra Chulachomklao Chao Yu Hua (Rama V) |
20 September 1853 Groot Paleis, Bangkok |
1 Oktober 1868 (gekroon in die Phaisan Thaksin-saal op 11 November 1868 (1ste keer) en 16 November 1873 (2de keer) |
23 Oktober 1910 Dusit-paleis, Bangkok op 57 |
Koningin Sunandha Kumariratana Koningin Sukumalmarsri Koningin Savang Vadhana Koningin Saovabha Phongsri en 88 ander gemalinne |
76 (32 seuns en 44 dogters) | ||
Phrabat Somdet Phra Paramenthra Maha Vajiravudh Phra Mongkut Klao Chao Yu Hua (Rama VI) |
1 Januarie 1881 Groot Paleis, Bangkok |
23 Oktober 1910 (gekroon in die Phaisan Thaksin-saal op 11 November 1910) |
26 November 1925 Groot Paleis, Bangkok op 44 |
Prinsesgemalin Indrasakdi Sachi Gemalin Sucharit Suda Prinsesgemalin Laksamilawan Prinsesgemalin Suvadhana |
Prinses Bejaratana Rajasuda | ||
Phrabat Somdet Phra Paraminthra Maha Prajadhipok Phra Pok Klao Chao Yu Hua (Rama VII) |
8 November 1893 Groot Paleis, Bangkok |
26 November 1925 (gekroon in die Phaisan Thaksin-saal op 25 Februarie 1926) |
2 Maart 1935 (geabdikeer) |
30 Mei 1941 Surrey, Verenigde Koninkryk op 47 |
Koningin Rambai Barni | Geen | |
Phrabat Somdet Phra Paramenthra Maha Ananda Mahidol (Rama VIII) |
20 September 1925 Heidelberg, Duitsland |
2 Maart 1935 (nooit gekroon nie), regeer onder regentskap van 1935 tot 1946 |
9 June 1946 Groot Paleis, Bangkok op 20 |
Geen | Geen | ||
Phrabat Somdet Phra Boromchanakathibet Maha Bhumibol Adulyadej Maharat Borommanatbophit (Rama IX) |
5 Desember 1927 Mount Auburn-hospitaal, Cambridge, Massachusetts, VSA |
9 Junie 1946 (gekroon in die Phaisan Thaksin-saal op 5 Mei 1950) |
13 Oktober 2016 Siriraj-hospitaal, Bangkok op 88 |
Koningin Sirikit | Prinses Ubol Ratana Koning Maha Vajiralongkorn (Rama X) Prinses Sirindhorn Prinses Chulabhorn | ||
Phrabat Somdet Phra Paramenthra Ramathibodhi Srisindra Maha Vajiralongkorn Phra Vajira Klao Chao Yu Hua (Rama X) |
28 Julie 1952 Dusit-paleis, Bangkok |
13 Oktober 2016 (gekroon in die Phaisan Thaksin-saal op 4 Mei 2019) |
Verkose | Koningin Suthida Gemalin Sineenat |
Prinses Bajrakitiyabha Juthavachara Vivacharawongse Vacharaesorn Vivacharawongse Chakriwat Vivacharawongse Vatchrawee Vivacharawongse Prinses Sirivannavari Nariratana Prins Dipangkorn Rasmijoti |
Tydlyn
wysigVerwysings
wysig- ↑ Reid, Anthony (2015). A History of Southeast Asia: Critical Crossroads. p. 215. ISBN 9780631179610.
- ↑ "King Vajiralongkorn of Thailand is crowned in elaborate ceremony". theguardian.com. Besoek op 10 Mei 2019.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Chakri-dinastie.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.