Bioskoop (webblad)
Bioskoop is ‘n aanlyn-platform en is op 13 Maart 2015 deur Rick Bronkhorst gestig.
Bioskoop | |
---|---|
URL | www |
Soort webwerf | Nuus en resensies |
Registrasie | Vereis |
Eienaar | Bioskoop |
Geskep deur | Rick Bronkhorst |
Gelanseer | 2015 |
Huidige status | Aanlyn |
Die doel van die webtuiste is om nuus, resensies en video-onderhoude oor die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf te publiseer en vry te stel. Die webtuiste fokus op vollengte rolprente wat op ʼn wye platform (soos die tradisionele rolprentteater of op bekende stroomdienste) vrygestel word. Alhoewel Bioskoop se fokus op Afrikaanse rolprente is, word rolprente in Engels en ander Suid-Afrikaanse tale ook van tyd tot tyd gedek.
Geskiedenis
wysigIn 2019 is Bioskoop as 'n nie-winsgewende organisasie geregistreer en het sedertdien drasties gegroei. Die webtuiste bevat tans ‘n hele aantal nuusartikels, oor die honderd resensies en ongeveer vyftig video-onderhoude (webisodes). Die artikels en videos sluit onderhoude met Suid-Afrika se mees bekende filmmakers in, sowel as nuwe stemme in die bedryf.[1]
Met die nie-winsgewende organisasie mik Bioskoop om fondse in te samel vir minder bevooregte studente, van alle rasse, wat graag in rolprent- en televisie-vakrigings wil studeer. Aangesien die filmbedryf ongeveer R 441.93 miljoen (2021) tot die bruto binnelandse produk (BBP/ "GDP") bydra, kan Suid-Afrika daarby baatvind om rolprentmakers en televisiekskeppers as uitvoertalent te bemark.[2] Die filmbedryf dra nie net tot direkte werksgeleenthede by nie, maar skep ook meer belangstelling in Suid-Afrika as toeriste bestemming.[3]
Verder word die artikels en resensies op die webtuiste ook gereeld as skoolbron gebruik deur skoolleerlinge wat take oor Afrikaanse en Suid-Afrikaanse flieks voltooi. Bioskoop kry ook dikwels terugvoer van rolspelers in die bedryf, sowel as navorsers en studente, wat die webblad vir ander akademiese doeleindes gebruik. Aangesien almal in die span ten minste ʼn graad in drama of rolprentmaak verwerf het, word die inligting as hoogs betroubaar geag.
Spanlede
wysig- Rick Bronkhorst (Stigter, Direkteur en Redigeerder)
Rick Bronkhorst was voorheen ʼn vlieënier, maar nadat hy sy graad in rolprentwese voltooi het, werk hy nou as ʼn vryskut rolprent- en televisievervaardiger.
- Anna-Marie Jansen van Vuuren (Joernalis en Direkteur)
Anna-Marie Jansen van Vuuren is ʼn professor in Suid-Afrikaanse rolprentwese by die Fakulteit van Kuns en Ontwerp by die Tshwane Universiteit van Tegnologie. Sy berig ook gereeld oor die plaaslike rolprent-en-televisiebedryf op RSG.
- Dee Theart (Aanbieder, Joernalis en Direkteur)
Dee Theart vryskut as stemkunstenaar, skrywer, aanbieder, aktrise en televisievervaardiger in die plaaslike bedryf. Sy is ook betrokke by Buzz Kidz, ‘n organisasie wat hul daarop toespits om vir kinders noodsaaklike vaardighede deur die kunste te leer. Sy was ook voorheen ‘n radio-omroeper by ondermeer RSG.
- Gerhard Ehlers (Joernalis en Direkteur)
Gerhard Ehlers is Akademiese Bestuurder van die Televisie en Animasie departemente by Boston Media House. Hy het onlangs sy Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van Pretoria voltooi.
- Roelof Bezuidenhout (Joernalis)
Voorheen ʼn dosent by beide die instellings Boston Media House en AFDA, spits Roelof Bezuidenhout hom nou daarop toe as entrepreneur. Hy het sy Meestersgraad in rolprentwese by AFDA verwerf.
- Justin Yoko (Kinematograaf en Redigeerder)
Justin Yoko het sy kwalifikasie in kinematografie en rolprentwese by City Varsity verwerf. Hy vryskut as kinematograaf en vervul ook ander rolle in die kamera-departement van produksies.