Birjoetsjok (Russies: Бирючёк) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Semiboegri Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Die dorpie se naam is 'n verkleinwoord vir die argaïese Russiese woord бирюк (birjoek), waarvan die betekenis "wolf" is.

Birjoetsjok

Бирючёк
Dorpie
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland
Birjoetsjok is in Astrachan-oblast
Birjoetsjok
Birjoetsjok
Die ligging van Birjoetsjok in Astrachan-oblast
Koördinate: 46°07′01″N 48°13′25″O / 46.11694°N 48.22361°O / 46.11694; 48.22361
LandVlag van Rusland Rusland
DeelgebiedAstrachan-oblast
RajonKamiziak
Bevolking
 • Totaal552
TydsoneUTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd)
Poskode
416310

Demografie

wysig

Volgens Sensus 2010 het Birjoetsjok 543 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]

Etniese groepe Sensus 2010 Persentasie
Kasakke 509 93,7%
Russe 11 2%
Tartare 4 0,7%
Oekraïners 4 0,7%
Onbekend 15 2,8%
Totaal 543 100%

Verwysings

wysig
  1. Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 16 Julie 2023.