Björn Dixgård
Björn Hans-Erik Kihlberg Dixgård (* 8 Mei 1981 in Falun (Swede)) is 'n Sweedse musikant en kitaarspeler, mees bekend vir sy rol in hierdie velde vir die Sweedse musiekgroep Mando Diao. Dixgård het grootgeword in Hytting, Rommehed, en Bro in Borlänge. Hy skryf vele liedjies vir Mando Diao en sing in omtrent die helfte daarvan. Hy bespeel onder andere 'n Gibson les Paul-kitaar met 'n Marshall Lead 100-versterker uit die 1970's daarop. In 2007 het hy 'n solomusiektoer deur Duitsland onderneem. Dixgård is met 'n vrou genaamd Emma in die eg verbind.
Björn Dixgård | |
---|---|
Björn Dixgård by die Storsjöyran-musiekfees (2006). | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Björn Hans-Erik Kihlberg Dixgård |