Black Hills
Black Hills
Onderdeel van | Badlands and Black Hills |
---|---|
Bergreeks | Rotsgebergte |
Land | Verenigde State |
Geleë in administratiewe eenheid | Suid-Dakota, Wyoming, Lawrence County |
Geografiese ligging | 44°0′0″N 104°0′0″W |
Hoogste punt | Black Elk Peak |
Tydperk | Prekambrium, Paleosoïkum, Mesosoïkum, Kainosoïkum, Tersiêr |
Die Black Hills is 'n ovaal bergagtige gebied, ongeveer 200 km by 97 km groot, wat 'n uitloper van die Rotsgebergte in die deelstate van Suid-Dakota en Wyoming vorm. Die hoogste punt in die berge is Harney Peak op 2,208 meter.
Geskiedenis
wysigHout was die eerste hulpbron wat in die berge ontgin is. Dit was gebruik as brandhout op die spoorlyne en as boumateriaal in die boomlose vlaktes. In 1860 is goud in die berge ontdek wat tot 'n goudstormloop aanleiding gegee het. Die Homestead-goudmyn is in 1878 geopen. Teen 1963 was daar reeds $20,300,000 se goud in die myn ontgin. Daar kom ook ander minerale in die berge voor.
Die bekende Mount Rushmore is in die berge.
Bron
wysig- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 4, Bladsy 236.