Blindheid is 'n volledige of bykans volledige visieverlies.[1] Verswakte sig is 'n verminderde vermoë om te kan sien in 'n mate wat probleme veroorsaak wat nie op normale wyse herstel kan word, soos om 'n bril te dra nie.[2][3] Sommige definisies sluit ook diegene in wat verminderde sig het omdat hulle nie toegang tot 'n bril of kontaklense het nie.[2] Verswakte sig word dikwels gedefinieer as 'n bes reggestelde gesigskerpte van swakker as 20/40 of 20/60.[1] Verswakte sig kan probleme veroorsaak met normale daaglikse aktiwiteite soos lees en loop sonder aanpasbare opleiding en toerusting.[3]

Piktogram wat blindheid voorstel

Die algemeenste oorsake van verswakte sig wêreldwyd is ongekorrigeerde ametropie (43%), katarakte (33%), en gloukoom (2%).[4] Ametropie sluit miopie (bysiendheid), hiperopie (versiendheid), presbiopie, en astigmatisme [4] in. Katarakte is die algemeenste oorsaak van omkeerbare blindheid.[4]

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 Maberley DA, Hollands H, Chuo J, Tam G, Konkal J, Roesch M, et al. (Maart 2006). "The prevalence of low vision and blindness in Canada". Eye. 20 (3): 341–6. doi:10.1038/sj.eye.6701879. PMID 15905873.
  2. 2,0 2,1 "Change the Definition of Blindness" (PDF). World Health Organization. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2015. Besoek op 23 Mei 2015.
  3. 3,0 3,1 "Blindness and Vision Impairment". 8 Februarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2015. Besoek op 23 Mei 2015.
  4. 4,0 4,1 4,2 "Visual impairment and blindness Fact Sheet N°282". Augustus 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2015. Besoek op 23 Mei 2015.

Eksterne skakels

wysig