Bloubekeend
voëlspesie
Die Bloubekeend (Oxyura maccoa) is redelike algemene standvoël in Suider-Afrika.
Bloubekeend | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | O. maccoa
|
Binomiale naam | |
Oxyura maccoa (Eyton, 1838)
|
Identifikasie
wysigDie bloubekeend is 'n klein, kort eendjie van 48–51 cm. Die manlike eend is kastaiing-bruin met 'n swart kop en 'n helderblou snawel. Die smal, punterige stert staan dikwels kersregop.
Die vroulike eend het nie 'n blou snawel nie, en is donkerbruin van kleur met 'n vaal streep op die wang.
Habitat
wysigStil waterareas.
Broeigewoontes
wysigDie bloubekeend wat opvallend diep in die water lê, se nes word tussen riete gebou. Daar is 4-12 eiers, wat besonder groot is vir so 'n klein eendsoort.
Verspreiding
wysigVerspreid oor die meeste dele van Suid-Afrika en groot dele van Zimbabwe en Namibië.
Ander name
wysig- Duitse naam: Afrikanische Ruderente
- Engelse naam: Maccoa Duck
- Wetenskaplike naam: Oxyura maccoa
- Ou Afrikaanse sinoniem: Makou-eend (Oxyura punctata)
Sien ook
wysig- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronne
wysig- Newman se Voëls van Suider-Afrika
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
- KENNIS, vol 14, 1980, bl. 2898-2899, ISBN 0 7981 0836 3
Eksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir bloubekeend.