Bob Behnken
Robert Louis Behnken (gebore 28 Julie 1970 in St. Ann, Missouri) is ’n Nasa-ruimtevaarder, ingenieur en voormalige hoof van die Amerikaanse Ruimtevaardersburo. Hy het ’n Ph.D in meganiese ingenieurswese en die rang van kolonel in die Amerikaanse Lugmag, waar hy gedien het voordat hy in 2000 by Nasa aangesluit het.
Robert Behnken | |
---|---|
Beroep | Nasa-ruimtevaarder Toetsvlieënier |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Geboortenaam | Robert Louis Behnken |
Gebore | 28 Julie 1970 St. Ann, Missouri |
Rang | Kolonel (Amerikaanse Lugmag) |
Tyd voorheen in die ruimte |
29d 12h 17m |
Sendings | STS-123, STS-130, SpX-DM2 |
Kentekens |
Hy was aan boord van die ruimtependeltuig Endeavour-sendings STS-123 (2008) en STS-130 (2010) en het meer as 708 ruimte-ure agter die rug, insluitende 37 uur ruimtewandelingstyd.[1]
Hy is met mederuimtevaarder K. Megan McArthur getroud.[2]
Verwysings
wysig- ↑ "Robert L. Behnken (Colonel, USAF, PH.D.) NASA Astronaut" (in Nederlands). Nasa. 3 Augustus 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op 27 Februarie 2019.
- ↑ Malik, Tariq (4 Mei 2009). "Astronauts eager for last Hubble visit: Final telescope servicing mission brings veterans and rookies together". Space.com (in Engels). NBC News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 November 2019. Besoek op 27 Februarie 2019.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bob Behnken.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.