Boekedorp
'n Boekedorp is 'n plek met 'n aansienlike groot aantal tweedehandse boekwinkels waarvoor dit die meeste bekend is. Daar is dikwels dorpe met beperkte ekonomiese vooruitsigte, waar die boek 'n besondere inisiatief aan die dag kan lê vir ekonomiese ontwikkeling. Die groot aantal verskillende tweedehandse boekwinkels (antikwariate) lok mense van heinde en ver, waar die dorp andersins geen aftrek sou kry by 'n paar winkeltjies nie. Die boekwinkels gaan dikwels met koffiewinkels, kunsgalerye en oudhedewinkels gepaard. Die doel is om veral die gastebedryf, maar ook ander plaaslike ondernemings, deur die antikwariese besoekers te bevoordeel. Dit skep werksgeleenthede vir die (plaaslike) bevolking.
Geskiedenis
wysigDie eerste boekedorp ter wêreld is 'n afgeleë dorpie in Wallis. Richard Booth open in 1961 in Hay-on-Wye 'n tweedehandse boekwinkel wat houers vol boeke wat hy uit New York saamgebring het verkoop. Tans is daar in hierdie dorpie, met skaars 2 000 inwoners, meer as 38 antikwariate. Vele daarvan spesialiseer volgens enkele temas. Die dorpie lok baie toeriste. Die toerisme word verder deur boekbekendstellings bevorder.
Volgens hierdie konsep van Hay het gevolglik meer boekedorpe in Europa en meer sporadies op ander vastelande ontstaan.
Die eerste boekedorp in Duitsland en die Duitssprekende gebied word in September 1997 gestig. Mühlbeck en die buurdorp Friedersdorf in die Anhalt-Bitterfeld-distrik het tans sowat 15 boekwinkels in 'n gebied met skaars 3 000 inwoners. Die grondslag was 70 000 boeke wat oor die hele Duitsland versamel is. Tans is die boekaanbod omtrent een miljoen boeke.
Richmond, in die Noord-Kaap, word as Suid-Afrika se heel eerste boekedorp beskou. John Donaldson ('n sportmediaman), Peter Baker ('n Kanadese veearts) en Darryl Earl David ('n dosent aan die Universiteit van KwaZulu-Natal wat sy doktorsgraad oor boekedorpe gedoen het), het aanvanklik onafhanklik van mekaar die goedkoop kerkhuise ("nagmaalhuise") opgekoop, gerestoureer en die boekedorp amptelik in 2007 geopen met 'n optrede deur Patrick Mynhardt. Die eerste BoekBedonnerd-fees is gehou, wat sowat duisend feesgangers na die dorp gebring het wat aan net sowat 250 mense verblyf kon bied.[1]
Lys van Boekedorpe
wysigBoekdorp/-stad | Land | Stigtingsjaar | Aantal boekwinkels | Webwerf |
---|---|---|---|---|
Bécherel | Frankryk | 1989 | 15 | Webwerf |
Bredevoort | Nederland | 1993 | omtrent 30 | Webwerf |
Cuisery | Frankryk | 1999 | 16 | Webwerf |
Dalmellington | Verenigde Koninkryk | 1997 | projek beëindig | - |
Damme (Wes-Vlaandere) | België | 1997 | 8 | Webwerf Geargiveer 5 Maart 2016 op Wayback Machine |
Fjærland | Noorweë | 1995 | 12 | Webwerf |
Fontenoy-la-Joûte | Frankryk | 1996 | 18 | Webwerf Geargiveer 29 Oktober 2020 op Wayback Machine |
Hay-on-Wye | Verenigde Koninkryk | 1961 | 38 | Webwerf |
Kampung Buku | Maleisië | 1997 | ? | - |
Kembuchi Children's Picture-Book Village | Japan | 1991 | ? | - |
La Charité-sur-Loire | Frankryk | 2000 | 14 | Webwerf[dooie skakel] |
Langenberg (Rynland) | Duitsland | 1998 | 8 | Webwerf Geargiveer 26 Januarie 2012 op Wayback Machine |
Miyawaga Children's Book Village | Japan | ? | ? | - |
Montereggio | Italië | 1990er | 12 | Webwerf |
Montmorillon | Frankryk | 2000 | 13 | Webwerf |
Montolieu | Frankryk | 1989 | 15 | Webwerf Geargiveer 8 Maart 2018 op Wayback Machine |
Friedersdorf | Duitsland | 1997 | 14 | Webwerf |
Müllenbach | Duitsland | 2001 | 14 | Webwerf |
Nevada Gold Cities Book Town | Verenigde State | 1998 | 28 | - |
Purgstall | Oostenryk | 2000 | 3 | Webwerf |
Redu | België | 1984 | 22 | Webwerf |
Saint-Pierre-de-Clages | Switserland | 1993 | 14 | Webwerf |
Sidney | Kanada | 1995 | 10 | Webwerf Geargiveer 14 Junie 2013 op Wayback Machine |
Southern Highlands BOOKtrail | Australië | 2000 | ? | Webwerf Geargiveer 18 Mei 2013 op Wayback Machine |
Stillwater (Minnesota) | Verenigde State | 1993 | ? | Webwerf |
Sysmä | Finland | 1997 | Webwerf | |
Tvedestrand | Noorweë | ? | 20 | Webwerf Geargiveer 28 September 2007 op Wayback Machine |
Vianden | Luxemburg | 2002 | ? | Webwerf |
Vötikvere | Estland | Kontak | ||
Wünsdorf Waldstadt | Duitsland | 1998 | 5 | Webwerf |
Wigtown | Verenigde Koninkryk | 1997 | 28 | Webwerf |