Boestrofedon
Boestrofedon, van die Griekse βουστροφηδόν, "soos ’n os draai" (wanneer geploeg word), is ’n soort teks wat in twee rigtings geskryf word. Dit word veral gesien in antieke manuskripte en inskripsies.[1] In plaas van skryf van links na regs soos in Afrikaans of van regs na links soos in Arabies en Hebreeus, is elke alternatiewe reël in die teenoorgestelde rigting, met letters wat omgekeer word asof hulle ’n spieëlbeeld is. Dit was ’n algemene manier van klipskryfwerk in Antieke Griekeland.[2]
Verduideliking
wysigBaie antieke geskrifte is in ’n boestrofedonstyl geskryf; in Griekeland het dit in die Hellenistiese tydperk al hoe minder voorgekom.
Dit word soms ook op ander gebiede gebruik, soos om die beweging van sekere matriksdrukkers te beskryf. Hoewel die drukkop in teenoorgestelde rigtings beweeg, is die teks egter nie in ’n boestrofedonstyl nie.
Omgekeerde boestrofedon
wysigOp die houttabelle en ander kunsvoorwerpe van Paaseiland kom ook ’n boestrofedonskrif voor met die naam rongorongo, wat nog nie ontsyfer is nie. In rongorongo is die teks in elke reël teen 180 grade gedraai eerder as dat dit ’n spieëlbeeld is; dit word ook van onder na bo gelees. Dit word "omgekeerde boestrofedon" genoem.
Verwysings
wysig- ↑ Sampson, Geoffrey (1985). Writing Systems: A Linguistic Introduction. Stanford University Press. p. 103. ISBN 0-8047-1756-7.
- ↑ Threatte, Leslie (1980). The grammar of Attic inscriptions. W. de Gruyter. pp. 54–55. ISBN 3-11-007344-7.
Eksterne skakels
wysig- ’n Boestrofedon-teksleser Geargiveer 2 Februarie 2019 op Wayback Machine
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Boestrofedon.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia