Boetsap
Boetsap is 'n klein dorpie naby Barkly-Wes, op die grens van die Noord-Kaap en Noordwesprovinsies van Suid-Afrika. Die naam is van Tswana oorsprong, die woord "bucwa"[1] verwys na vet beeste. Die Groot-Boetsaprivier en die Klein-Boetsaprivier loop in die gebied.
Boetsap | |
---|---|
Koördinate: 27°58′0″S 24°27′0″O / 27.96667°S 24.45000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Frances Baard |
Plaaslike Munisipaliteit | Dikgatlong |
Tydsone | SAST |
Die R371-streeksroete gaan deur die dorp.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Tswana "bucwa", 'fat' or 'sleek' is said to refer to the condition of the cattle there; Bootschap as recorded by the early missionaries. Raper, Peter E. (1987). Dictionary of Southern African Place Names. Internet Archive. p. 85. Besoek op 28 Augustus 2013.