Bolandse aardbewing van 1969
Die Bolandse aardbewing van 1969 is 'n aardbewing wat op die nag van 29 September 1969 die dorpe Ceres, Wolseley en Tulbagh erg beskadig het. Sover bekend is dit die aardbewing wat tot hede die grootste skade in Suid-Afrika aangerig het. Dit het 6,5 op die Richterskaal gemeet en is veroorsaak deur die sogenaamde Worcester-breuk in die aardkors. Honderde huise is verwoes en moes gesloop en herbou word. Elf mense het op omringende plase in die voorval gesterf.
Verdere naleeswerk
wysig- ‘Daai aand kon jy da'm mense hoor bid!', Beeld, 25 September 2009
- As die aarde skud[dooie skakel], Die Burger, 22 Januarie 1994