Bon Accorddam
Die Bon Accorddam is 'n dam in die Apiesrivier naby Pretoria in Gauteng, Suid-Afrika. Die dam is net noord van die N4 nasionale pad naby Onderstepoort. Dit is in 1925 opgerig en word hoofsaaklik vir besproeiing gebruik.[2]
Bon Accorddam | |
---|---|
Ligging | Onderstepoort, Pretoria |
Provinsie/Land | Gauteng, Suid-Afrika |
Koördinate | 25°37′45″S 28°11′22″O / 25.62917°S 28.18944°O |
Dam in | Apiesrivier |
Doel | Besproeiing en huishoudelik |
Openingsdatum | 1925 |
Eienaar | Bon Accord Irrigation Board[1] |
Soort dam | Gravitasiedam |
Hoogte van wal | 18 m |
Lengte van wal | 1067 m |
Bakmaat | 4 380 000 m³ |
Reservoir | Bon Accorddam Reservoir |
Damoppervlak | 144 ha (1,44 km²) |
Die dam bestaan uit 'n 18 meter hoë grondwal met 'n sylangse oorloop. Dit het 'n volume van 4 ,38 miljoen kubieke meter en 'n oppervlakte van 1,44 vierkante kilometer. Die opvanggebied van die dam is 315 km2 en bestaan hoofsaaklik uit die Tshwane Metropolitaanse Munisipale gebied.
Die dam is geskik vir hengel en watersport. Karp, babers en grootbekbaars kan hier uitgetrek word.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Departement van Waterwese se lys van bestaande damme, Oktober 2011, besoek 9 Junie 2013
- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8