Bonaeropark
Bonaeropark is 'n voorstad van Kemptonpark, aan die Oos-Rand van Suid-Afrika. Dit is direk oos van die O.R. Tambo Internasionale Lughawe geleë, die besigste lughawe in Afrika. Dit val onder beheer van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit.
Bonaeropark | |
---|---|
Koördinate: 26°7′23″S 28°15′20″O / 26.12306°S 28.25556°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Ekurhuleni |
Hoofplek | Kemptonpark |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,13 km2 (1,21 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 7 392 |
• Digtheid | 2 362/km2 (6 120/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 73.9% |
• Indiërs/Asiërs | 3.3% |
• Bruin mense | 2.1% |
• Swart mense | 19.3% |
• Ander | 1.4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 55.7% |
• Engels | 29.2% |
• Zoeloe | 2.9% |
• Noord-Sotho | 2.7% |
• Ander | 9.4% |
Poskode (strate) | 1619 |
Poskode (posbusse) | 1622 |
Skakelkode | 010 |
Bonaeropark is in die 1960's uitgelê om werkers van 'n nabygeleë militêre vliegtuigfabriek wat deur Atlas Aircraft Corporation besit word, te huisves. In 1992 is Atlas opgeneem in 'n nuwe entiteit, Denel Aviation.[2] Twee lugrederye, "Comair" en "kulula.com", het hul hoofkwartiere in Bonaeropark gehad, voordat hulle ontbind is.[3][4]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Bonaeropark". Sensus 2011.
- ↑ "The Case of Denel". Peter Batchelor (International Development Research Center). 26 November 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2006. Besoek op 5 April 2016.
- ↑ Comair. Besoek 2016-04-05.
- ↑ www.kulula.com. Besoek 2016-04-05.