Boodskap
'n Boodskap is 'n afsonderlike kommunikasie-eenheid wat op verbruik deur 'n ontvanger of groep ontvangers gerig is. 'n Boodskap kan op verskillende maniere oorgedra word, insluitend per koerier, telegrafie, posduif en rekenaarbus. 'n Boodskap kan die inhoud van 'n uitsending uitmaak. Die Interaktiewe uitruil van boodskappe vorm 'n gesprek.
Een voorbeeld van 'n boodskap is 'n communiqué (uitgespreek /kəˈmjuːnᵻkeɪ/), 'n kort verslag of verklaring wat deur 'n owerheidsliggaam vrygestel word.
Rol in menslike kommunikasie
wysigIn kommunikasie tussen mense kan boodskappe verbaal of nieverbaal wees:
- 'n Verbale boodskap is die uitruil van inligting deur van woorde gebruik te maak. Voorbeelde sluit in persoonlike kommunikasie, telefoonoproepe, stempos ens.
- 'n Nieverbale boodskap word deur 'n handeling of gedrag gekommunikeer, bv. deur die gebruik van liggaamstaal.
In rekenaarwetenskap
wysigDaar is hoofsaaklik twee toepassings van die woord "boodskap" in rekenaarwetenskap: boodskappe tussen menslike gebruikers van rekenaarstelsels wat deur daardie rekenaarstelsels oorgedra word, en boodskappe wat tussen programme of tussen komponente van 'n enkele program uitgeruil word.
- Kitsboodskappe en e-pos is voorbeelde van rekenaarsagteware wat ontwerp is om menslik leesbare boodskappe, in geformatteerde of ongeformatteerde teks, tussen persone oor te dra.
- Boodskapoordrag (message passing) is 'n vorm van kommunikasie wat in gelyklopende en parallelle rekenaarkunde, objekgeoriënteerde programmering en interproseskommunikasie gebruik word. Kommunikasie geskied deur boodskappe aan ontvangers te stuur. In 'n verwante gebruik van hierdie vorm van boodskap, in objekgeoriënteerde programmeertale soos Smalltalk of Java, word 'n boodskap aan 'n objek gestuur, met 'n spesifieke versoek wat aksie verlang.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Boodskap.