Borne Sulinowo
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Borne Sulinowo (Duits: Groß Born, vroeër Linde) is 'n stad in die Noordwes-Poolse woiwodskap Wes-Pommere met 'n bevolking van 4 675. Dit is halfpad tussen Czaplinek en Szczecinek aan die suidoewer van die langgestrekte Pile-meer geleë.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Pole |
Woiwodskap | Wes-Pommere |
Distrik | Szczecinek |
Gmina | Borno Sulinowo |
Koördinate | 53°34′N 16°32′E / 53.567°N 16.533°O |
Stigting | 15de eeu |
Stadstatus | 1993 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 18,15 vk km |
Hoogte bo seevlak | 152 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2010) | 4 675 |
- Bevolkingsdigtheid | 257,6/km² |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeesteres | Renata Pietkiewicz-Chmyłkowska |
Amptelike Webwerf | bornesulinowo.pl |
Borne Sulinowo is een van die jongste stede in Pole wat eers in 1993 stadstatus gekry het. Die oorspronklike hoofbasis van die Sowjet-troepe in Pole was tot in 1992 in die suidelike stadsgebied geleë wat as militêre spergebied vroeër hoegenaamd nie op kaarte verskyn het nie.[1]
Die militêre geskiedenis van Borne Sulinowo strek nog verder terug tot in die tyd kort ná die Eerste Wêreldoorlog toe die Duitse leër hier 'n uitgestrekte militêre oefenterrein aangelê het wat later deur Nazi-Duitsland uitgebrei is. Die gebied het in 1945 onder Poolse administrasie gekom.
Sowel die Duitse asook die Sowjet-Russiese militêre geriewe het intussen 'n verlate spookdorp geword.