Bouwer Bosch
Bouwer Bosch (gebore in Pretoria in 1984) is 'n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur. Hy stel sy eerste album Almal maak Voute in 2011 vry, en word vereer met 'n Ghoema-trofee vir beste nuweling vir dié album in 2012. Sy album Hopelik is in 2016 vrygestel.
Bouwer Bosch | |
---|---|
Bouwer Bosch tree op in Centurion | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | 1984 Pretoria |
Oorsprong | Potchefstroom |
Genres | Popmusiek |
Beroep(e) | Sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur |
Instrumente | Stem, kitaar |
Jare aktief | 2011 — nou |
Etikette | Kanada Records |
Assosiasies | Straatligkinders, Dans Dans Lisa |
Webwerf | bouwerbosch.co.za |
Loopbaan
wysigBosch voltooi sy skoolloopbaan in Potchefstroom en verwerf 'n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom in 2009. Hy is ook deel van die musiekgroep Straatligkinders wat in 2006 gestig is. In 2013 maak hy sy debuut as akteur in die film Klein Karoo. Hy was ook te sien in kykNET se Donkerland en Ligte Kamera Liefde.
Sy maatskappy, Bouwer Bosch Films, vervaardig musiekvideo's en hy is ook ambassadeur vir sy eie liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen.
Versoening
wysigIn 2017 verduidelik Bosch dat die idee van versoening vir apartheid iets is wat die afgelope twee jaar op sy hart was, en verduidelik dit in 'n onderhoud met Phindile Dhlamini. Hy sê dat mense die apartheidskaart in die media speel, by privaat funksies, en oral waar hy homself bevind, maar nêrens kan hy gesprekke oor apartheid vind waar mense eintlik net na mekaar sit en luister in plaas daarvan op mekaar te skree nie.[1]
Afrikaner-aktivis en sanger Steve Hofmeyr sê dat Bosch se verskoning vir swart mense 'n gevaarlike skuldbelydenis is, en sê dat hy misleidend is en die werklikheid verontagsaam in die verskoning vir apartheid.[2]
Diskografie
wysigAteljeealbums
wysigJaar | Albumbesonderhede |
---|---|
2011 | Almal Maak Voute
|
Jaar | Albumbesonderhede |
2016 | Hopelik
|
Bronne
wysig- Talent-ETC Artist Management Agency: Bouwer Bosch Geargiveer 12 Augustus 2017 op Wayback Machine. URL besoek op 25 Junie 2017.
- Litnet: Bouwer Bosch. URL besoek op 25 Junie 2017.
- iTunes: Bouwer Bosch. URL besoek op 25 Junie 2017.
Eksterne skakels
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Bouwer Bosch - Versoening met Phindile Dhlamini" (in Engels). YouTube. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2017. Besoek op 25 Junie 2017.
- ↑ "Hofmeyr tells Afrikaner 'apartheid apologiser' he's a 'pitiful hypocrite'" (in Engels). The Citizen. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2017. Besoek op 25 Junie 2017.