Bradbury Building
304 South Broadway
Los Angeles, CA
Verenigde State
Opgerig
1892 tot 1893 of 1894
Argitekte
Sumner Hunt, George Wyman
Boustyl
Neorenaissance
Italian Renaissance Revival
Romanesque Revival
Bradbury Building is 'n argitektoniese baken en die oudste bewaarde sakegebou in die middestad van die Suid-Kaliforniese metropool Los Angeles.[1]
Die gebou, 'n voortreflike voorbeeld van Italiaans-geïnspireerde kommersiële Neorenaissance-boukuns (Italian Renaissance Revival volgens die Amerikaanse argitektoniese kategorisering), is in 1893 in opdrag van die goudmynbou-magnaat Lewis L. Bradbury deur George Wyman volgens 'n ontwerp van Sumner Hunt opgerig. Die gebou se buitefasade is van bruin bak- en sandstene gemaak en versier met terracotta-panele.[2] Die smeedyster in sy interieur is in Frankryk ontwerp en vervaardig en ter geleentheid van die wêreldtentoonstelling World’s Columbian Exposition 1893 (ook The Chicago World’s Fair genoem) in Chicago vertoon voordat dit in Los Angeles geïnstalleer is. Die wandelgange in die atrium word deur 'n glasdak van natuurlike daglig voorsien.[3]
Die gebou kom in in 'n verskeidenheid fiktiewe literêre werke voor en is daarnaas weens sy besondere atmosfeer baie kere as toneel vir rolprente (waaronder Ridley Scott se wetenskapsfiksie-meesterwerk Blade Runner van 1982), televisie-programme en musiek-video's gekies.
In 1971 is die gebou by die National Register of Historic Places ingesluit en in 1977 tot Nasionale Historiese Baken (National Historic Landmark) verklaar[4] - as een van slegs vier kantoorgeboue in Los Angeles wat ooit in dié kategorie vereer is.
Verwysings
wysig- ↑ Los Angeles Conservancy: Bradbury Building. Besoek op 16 Mei 2016
- ↑ Open Buildings: Bradbury Building. Besoek op 14 Mei 2017
- ↑ Charles Epting: Victorian Los Angeles. From Pio Pico to Angels Flight. Charleston, SC: The History Press 2015, bl. 68
- ↑ Experience First: Inside the Bradbury Building: Victorian Charm Meets Sci-Fi in LA. Besoek op 27 Augustus 2020
Verdere leesstof
wysig- Tydskrifartikels
- Alice Y. Hom: The Bradbury Building Lives On. In: Southern California Quarterly, Vol. 66, No. 4 (Winter 1984), bl. 359-365
Eksterne skakels
wysig- Wiki-webtuistes
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bradbury Building.
- Argitektuur
- Los Angeles Conservancy: Bradbury Building
- Los Angeles Curbed.com: The Bradbury Building offscreen
- Great Buildings: Bradbury Building
- Famous Wonders: Bradbury Building
- Public Art in LA: Bradbury Building - A History (visitor handout / text-only)
- Historic Structures: Bradbury Building, Los Angeles California
- Binnenshuise argitektuur en ontwerpkuns
- KCRW Design and Architecture, 28 Januarie 2020: NeueHouse moves into the storied Bradbury Building
- The Spaces: Big screen icon The Bradbury Building is now home to NeueHouse in LA
- dezeen.com: NeueHouse to launch Bradbury Building location with LA Futures conversations
- Architectural Digest, 21 Februarie 2020: NeueHouse Sets Up Shop in L.A.'s Iconic Bradbury Building
- Blade Runner
- Open Skies: Blade Runner And The Bradbury
- Off-world: The Blade Runner Wiki - Bradbury Apartments
- Slate.com: This Building Is the Biggest Architectural Movie Star in Los Angeles
- Ander rolprente