Brasiliaanse nasionale sokkerspan
mans nasionale sokkerspan wat Brasilië verteenwoordig
Die Brasiliaanse nasionale sokkerspan (Portugees: Seleção Brasileira de Futebol) is die nasionale sokkerspan van Brasilië en word beheer deur die Brasiliaanse Sokkerkonfederasie (Confederação Brasileira de Futebol - CBF). Brasilië is een van die mees suksesvolle nasionale sokkerspanne in die wêreld en het reeds vyf keer die FIFA Wêreldbeker gewen, meer as enige ander span. Hierdie oorwinnings is in 1958, 1962, 1970, 1994, en 2002 behaal.
Die Seleção speel hul tuiswedstryde in verskeie groot stadions regoor Brasilië, insluitend die beroemde Maracanã-stadion in Rio de Janeiro.