Brenda Wingfield
Brenda D. Wingfield is 'n Suid-Afrikaanse professor in genetika en vorige adjunkdekaan van die Universiteit van Pretoria. Sy is bekend vir haar genetiese studies van swamboompatogene.
Brenda Wingfield | |
Geboortenaam | Brenda D. Fairbairn |
---|---|
Instelling(s) | Universiteit van Pretoria |
Alma mater | Universiteit Stellenbosch Universiteit van Kaapstad Universiteit van Minnesota |
Bekend vir | Plantkunde, Romulea |
Toekennings | Christiaan Hendrik Persoon medal Harry Oppenheimer Fellowship Award |
Lewe
wysigBrenda D. Fairbairn[1] is in Zambië gebore en in Zimbabwe opgevoed.[2] Op Hoërskool het sy gevind dat sy genetika geniet en verder aan die Universiteit van Natal gaan studeer.[3] Sy het 'n B.Sc. Hons Med van die Universiteit van Kaapstad, meestersgraad van die Universiteit van Minnesota[4] en PhD van die Universiteit van Stellenbosch (1989) behaal. In die laat 1990's het sy by die Universiteit van Pretoria begin werk.[5] Sy was een van die stigterslede van die Bosbou- en Landboubiotegnologie-instituut.[3]
Sy het meer as 400 artikels oor genetika gepubliseer en meer as 50 onderskeidelik Meesters- en PhD-studente opgelei.[4] Wingfield beklee die South African Research Chairs Initiative (SARChI) Leerstoel in Swamgenomika.[2]
Navorsing
wysigWingfield se werk fokus op swamme wat as boompatogene optree.[6] In samewerking met haar navorsing werk sy saam met die Suid-Afrikaanse bosboubedryf.[3]
Toekennings
wysigWingfield was 'n ontvanger van die Christiaan Hendrik Persoon-medalje vir haar wetenskaplike prestasies van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Plantpatologie.[7] Sy was ook die eerste vrou wat dié eerbewys ontvang het.[8] In 2013 het sy 'n A-gradering van die Nasionale Navorsingstigting ontvang.[2] Sy is in 2014 deur die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum erken vir haar navorsingswerk.[9] In 2016 het 'n Oppenheimer Memorial Trust 'n Harry Oppenheimer Fellowship-toekenning aan haar toegeken. Sy is in 2017 met 'n erelidmaatskap van die Mycological Society of America (MSA) toegeken, sy is ook 'n lid van die American Phytopathological Society.[8]
Verwysings
wysig- ↑ "Michael J. Wingfield". apsnet.org (in Engels (VSA)). American Phytopathological Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2019. Besoek op 26 Desember 2022.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 Butler-Adam, John (26 Julie 2016). "Harry Oppenheimer Fellowship Awards, 2016". South African Journal of Science (in Engels). 112 (7/8): 2. doi:10.17159/sajs.2016/a0164. ISSN 0038-2353.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 Grant-Marshall, Sue (1 Julie 2016). "Winning Women: A passion for trees". CityPress (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2016. Besoek op 19 Januarie 2020.
- ↑ 4,0 4,1 "Professor Brenda Wingfield". University of Pretoria. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2016. Besoek op 29 Maart 2017.
- ↑ "Professor Brenda Wingfield". African Centre for Gene Technologies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2017. Besoek op 29 Maart 2017.
- ↑ "2015 – Brenda Wingfield". The Oppenheimer Memorial Trust. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2019. Besoek op 19 Januarie 2020.
{{cite web}}
: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link) - ↑ "Brenda Wingfield". The Conversation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2017. Besoek op 29 Maart 2017.
- ↑ 8,0 8,1 "Two more international accolades for Prof Brenda Wingfield". University of Pretoria. 2 Augustus 2017. Besoek op 19 Januarie 2020.[dooie skakel]
- ↑ "Prof Brenda Wingfield wins NSTF award". Forestry South Africa. 7 Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2015. Besoek op 19 Januarie 2020.