Broeton-eiland
Broeton-eiland (Russies: Остров Броутона, Ostrof Broetona; Japannees: 武魯頓島, Buroton-tō) is 'n onbewoonde vulkaniese eiland naby die middel van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan. Dit val in die Sachalin-oblast van Rusland.
Broeton-eiland | |
---|---|
Eiland van die Koerile | |
'n Satellietfoto van Broeton-eiland.
| |
Ligging | See van Ochotsk |
Plaaslike naam | Остров Броутона 武魯頓島 |
Argipel | Koerile |
Oppervlakte | 7 km2 |
Hoogste punt | 801 m |
Land | Rusland |
Deelgebied | Sachalin-oblast |
Bevolking | 0 |
Beskrywing
wysigDie eiland is genoem na William Robert Broughton, 'n Britse skeepskaptein wat baie van die Koerile-eilande tydens sy seereise in die 18de eeu karteer het. Die oorspronklike naam, van die inheemse taal Ainoe, was Makanroeroe, wat rofweg beteken "eiland in 'n sterk stroom".
Broeton-eiland het 'n rofweg ronde vorm, met 'n oppervlakte van 7 km .[1] Dit is geleë sowat 17 km noordwes van die twee eilande bekend as Tsjirpoi en Tsjirpoi se Broer.
Die eiland bestaan uit 'n rustende of uitgedoofde stratovulkaan wat 801 m bo die seevlak uitrys. Die berg het nog nie in historiese tye uitgebars nie. Die eiland het steil kranse en geen sanderige strande nie, wat dit moeilik en gevaarlik maak om te land, selfs wanneer die water kalm is.
Verwysings
wysig- ↑ "International Kuril Island Project(IKIP)". University of Washington Fish Collection or the respective authors. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2013. Besoek op 25 Mei 2010.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Broeton-eiland.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.