Bruinkopvisvanger
Die Bruinkopvisvanger (Halcyon albiventris) is 'n algemene standvoël in boomvelde, kuswoude, parke en tuine. In Engels word dit die Brown-hooded kingfisher genoem.
Bruinkopvisvanger | |
---|---|
'n Mannetjie naby Tzaneen | |
roep | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. albiventris
|
Binomiale naam | |
Halcyon albiventris |
Identifikasie
wysigDie voël is 20 tot 22 cm lank en weeg 50 tot 75 gram. Dit het 'n bruinerige kop met swart strepe. Daar is rooibruin gedeeltes aan die kante van die bors. Dit is groter as die Gestreepte visvanger en die snawel is rooi. Daar is geen wit aan die bo- of ondervlerk nie. Die mannetjie se rug is swart en die wyfie en die jong voëltjies se rug is bruin.
Galery
wysig-
Mannetjie met prooi
-
Langs die Sabierivier, Krugerwildtuin
-
Juveniele voël
Sien ook
wysigBron
wysig- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7