Burt Lancaster
Burt Lancaster (2 November 1913 – 20 Oktober 1994) was ’n Amerikaanse akteur wat bekend was vir sy atletiese bou, blou oë en besonderse glimlag (wat hy die "Die Grynslag" genoem het). Nadat hy aanvanklik die rolle van "sterk ouens" vertolk het, het hy in die laat 1950's sy "tipiese Amerikaanse beeld" laat vaar ten gunste van ingewikkelder en uitdagender rolle. Dit het hom die reputasie besorg as een van die beste akteurs van sy generasie.
Burt Lancaster | |
Burt Lancaster in Desert Fury (1947)
| |
Geboortenaam | Burton Stephen Lancaster |
---|---|
Geboorte | 2 November 1913 New York, VSA |
Sterfte | 20 Oktober 1994 Los Angeles, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur, regisseur, vervaardiger |
Rolprente | Vera Cruz (1954) Elmer Gantry (1960) The Birdman of Alcatraz (1962) Atlantic City (1980) |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Lancaster is vier keer vir Oscars benoem en het die toekenning een keer gewen vir sy rol in 1960 in Elmer Gantry. Hy het ook ’n Golden Globe vir dié rol gewen en Bafta-toekennings vir Birdman of Alcatraz (1962) en Atlantic City (1980). Sy vervaardigingsmaatskappy was die suksesvolste onafhanklike ateljee in die 1950's in Hollywood en het rolprente gemaak soos Marty (1955), Trapeze (1956) en Sweet Smell of Success (1957).
In 1999 het die American Film Institute hom 19de geplaas onder die grootste akteurs van alle tye.[1]
Biografie
wysigLancaster is in New York gebore as Burton Stephen Lancaster. Hy was een van vyf kinders van ’n posafleweraar. Hy het ure op straat in Harlem-Oos (of Spaans-Harlem) bestee, waar hy ’n belangstelling in gimnastiek ontwikkel het. Hy het later in ’n sirkus gewerk totdat ’n ongeluk hom gedwing het om die beroep te verlaat.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het Lancaster in ’n vermaakgroep vir die weermag opgetree. Hoewel hy aanvanklik nie in toneelspel belanggestel het nie, het hy ná die oorlog ’n oudisie gedoen vir Harry Brown se A Sound of Hunting. Hoewel dit net drie weke lank op die verhoog was, het Lancaster die aandag getrek van ’n Hollywood-agent, Harold Hecht, en deur hom van Hal Wallis, wat hom ’n rol gegee het in The Killers (1946) met Ava Gardner. Hy was so suksesvol dat hy die volgende jaar in nog twee prente gespeel het.
Verskeie ander rolle het gevolg, veral in dramas, rillers en militêre en avontuurprente. In twee van hulle, The Flame and the Arrow en The Crimson Pirate, was ’n vriend uit sy sirkusjare, Nick Cravat, ’n belangrike byspeler en die twee vriende het gehore verstom met hul akrobatiese toertjies.
In 1953 het Lancaster een van die rolle gespeel waarvoor hy die beste onthou word: saam met Deborah Kerr in From Here to Eternity. Die American Film Institute gee erkenning aan die ikoniese status van die toneel waar hy en Kerr op ’n Hawaise strand liefde maak tussen die branders. Die organisasie het dit gekies as een van die "AFI se top-100 Mees Romantiese Rolprente" van alle tye.
In 1960 het hy die Oscar vir beste akteur, ’n Golden Globe en die New York Film Critics Award gewen vir sy rol in Elmer Gantry. In 1966, op 52-jarige ouderdom, het hy nakend verskyn in die prent The Swimmer.
Tydens die laaste deel van sy loopbaan het Lancaster akrobatiese en avontuurprente verruil vir meer uiteenlopende en uitdagende rolle. Hy het toe saamgewerk aan verskeie Europese produksies saam met regisseurs soos Luchino Visconti en Bernardo Bertolucci.
Regisseur en vervaardiger
wysigLancaster was vroeg al ’n suksesvolle regisseur en vervaardiger. In 1952 het hy The Crimson Pirate saam met Harold Hecht vervaardig, asook Kiss the Blood Off My Hands (1948), The Flame and the Arrow (1950) en Ten Tall Men (1951). In 1954 het hulle weer saamgewerk aan His Majesty O'Keefe, met Lancaster in een van die rolle en Hecht as vervaardiger. Hulle en die skrywer van laasgenoemde prent, James Hill, het ’n maatskappy gestig met die naam Hecht-Hill-Lancaster.
Die "H-H-L"-span het Hollywood beïndruk met hul sukses.[2] Saam het hulle talle prente gemaak wat verskeie pryse ingepalm het.
Lancaster was ook die regisseur van twee prente, The Kentuckian (1955) en The Midnight Man (1974).[3] Hy was ook die medeskrywer en vervaardiger van The Midnight Man én het ’n rol vertolk.
Filmografie
wysigJaar | Film | Rol | Nota |
---|---|---|---|
1946 | The Killers | 'Swede' Andersen | |
1947 | Brute Force | Joe Collins | |
1947 | Desert Fury | Tom Hanson | |
1948 | I Walk Alone | Frankie Madison | |
1948 | All My Sons | Chris Keller | |
1948 | Sorry, Wrong Number | Henry Stevenson | |
1948 | Kiss the Blood Off My Hands | William Earle 'Bill' Saunders | |
1949 | Criss Cross | Steve Thompson, narrator | |
1949 | Rope of Sand | Michael (Mike) Davis | |
1950 | The Flame and the Arrow | Dardo Bartoli | |
1950 | Mister 880 | Steve Buchanan | |
1951 | Vengeance Valley | Owen Daybright | |
1951 | Jim Thorpe – All-American | Jim Thorpe | |
1951 | Ten Tall Men | Sgt Mike Kincaid | |
1952 | Crimson Pirate | Capitan Vallo | |
1952 | Come Back, Little Sheba | Doc Delaney | |
1953 | South Sea Woman | Master Gunnery Sgt. James O'Hearn | |
1953 | From Here to Eternity | 1st Sgt. Milton Warden | |
1953 | Three Sailors and a Girl | Marine (uncredited) | |
1954 | His Majesty O'Keefe | Captain David Dion O'Keefe, narrator | |
1954 | Apache | Massai | |
1954 | Vera Cruz | Joe Erin | |
1955 | The Kentuckian | Elias Wakefield (Big Eli) | |
1955 | Rose Tattoo | Alvaro Mangiacavallo | |
1956 | Trapeze | Mike Ribble | |
1956 | The Rainmaker | Bill Starbuck, Bill Smith, Bill Harley, Tornado Johnson | |
1957 | Gunfight at the O.K. Corral | Marshal Wyatt Earp | |
1957 | Sweet Smell of Success | J.J. Hunsecker | |
1958 | Run Silent, Run Deep | Lt. Commander Jim Bledsoe | |
1958 | Separate Tables | John Malcolm | |
1959 | The Devil's Disciple | The Rev. Anthony Anderson | |
1960 | The Unforgiven | Ben Zachary | |
1960 | Elmer Gantry | Elmer Gantry | |
1961 | The Young Savages | ADA Hank Bell | |
1961 | Judgment at Nuremberg | Dr. Ernst Janning | |
1962 | Birdman of Alcatraz | Robert Stroud | |
1963 | A Child Is Waiting | Dr. Ben Clark | |
1963 | The Leopard | Prince Don Fabrizio Salina | |
1963 | The List of Adrian Messenger | Cameo | |
1964 | Seven Days in May | Gen. James Mattoon Scott | |
1964 | The Train | Paul Labiche | |
1965 | The Hallelujah Trail | Col. Thaddeus Gearhart | |
1966 | The Professionals | Bill Dolworth | |
1967 | All About People | Narrator | |
1968 | The Scalphunters | Joe Bass | |
1968 | The Swimmer | Ned Merrill | |
1969 | Castle Keep | Maj. Abraham Falconer | |
1969 | The Gypsy Moths | Mike Rettig | |
1970 | Airport | Mel Bakersfeld | |
1971 | Lawman | Bannock Town Marshal Jered Maddox | |
1971 | Valdez Is Coming | Marshal Bob Valdez | |
1972 | Ulzana's Raid | U.S. Cavalry Scout McIntosh | |
1973 | Scorpio | Cross | |
1973 | Executive Action | James Farrington | |
1974 | The Midnight Man | Jim Slade | |
1974 | Conversation Piece | The Professor | |
1976 | Buffalo Bill and the Indians | Ned Buntline | |
1976 | 1900 (Novecento) | Alfredo's Grandfather | |
1976 | The Cassandra Crossing | Col. Stephen Mackenzie | |
1977 | Twilight's Last Gleaming | Gen. Lawrence Dell | |
1977 | The Island of Dr. Moreau | Dr. Paul Moreau | |
1978 | Go Tell the Spartans | Maj. Asa Barker | |
1979 | Zulu Dawn | Col. Anthony Durnford | |
1980 | Atlantic City | Lou Pascal | |
1981 | Cattle Annie and Little Britches | Bill Doolin | |
1981 | La pelle | Gen. Mark W. Clark | |
1983 | Local Hero | Felix Happer | |
1983 | The Osterman Weekend | Maxwell Danforth | |
1985 | Little Treasure | Delbert Teschemacher | |
1986 | Tough Guys | Harry Doyle | |
1987 | Il Giorno prima | Dr. Herbert Monroe | |
1988 | Rocket Gibraltar | Levi Rockwell | |
1989 | Field of Dreams | Dr. Archibald 'Moonlight' Graham | |
1989 | La Bottega dell'orefice | The Jeweller |
Verwysings
wysig- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
- ↑ "America's Greatest Legends." Geargiveer 16 Julie 2011 op Wayback Machine American Film Institute. URK besoek op: 29 Jul1e 2009.
- ↑ Hodgins, Eric. "Amid Ruins of an Empire a New Hollywood Arises." Life, 10 Junie 1957, bl. 146. URL besoek op 22 April 2012.
- ↑ Buford 2008, ble. 138, 354.
Bibliografie
wysig- Andreychuk, red. Burt Lancaster: A Filmography And Biography. Jefferson, Noord-Carolina: McFarland & Company, Inc., 2005. ISBN 978-0-7864-2339-2.
- Buford, Kate. Burt Lancaster: An American Life. Londen: Aurum Press, 2008. ISBN 1-84513-385-4.
- Winters, Shelley. Shelley: Also known as Shirley. New York: Morrow, 1980. ISBN 978-0-688-03638-6.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Burt Lancaster.