Centre national de la recherche scientifique
(Aangestuur vanaf CNRS)
Die Centre national de la recherche scientifique, afgekort as CNRS, is 'n Franse openbare navorsingsorganisasie[1] en Europa se grootste basiese navorsingsagentskap.[2]
In 2016 het dit 31 637 werknemers in diens gehad, insluitend 11 137 permanente navorsers, 13 415 ingenieurs en tegniese werknemers, en 7 085 kontrakwerkers.[3] Die hoofkwartier is in Parys en daar is administratiewe kantore in Brussel, Beijing, Tokio, Singapoer, Washington, Bonn, Moskou, Tunis, Johannesburg, Santiago de Chile, Israel en Delhi.[4]
Die CNRS is in tien 10 verdeel:
- Instituut vir Chemie (INC)
- Instituut vir Ekologie en Omgewingsbeskerming (INEE)
- Instituut vir Fisika (INP)
- Instituut vir Kern- en Deeltjiefisika (IN2P3)
- Instituut vir Biologiese Wetenskappe (INSB)
- Instituut vir Geesteswetenskappe en Sosiale Wetenskappe (INSHS)
- Instituut vir Rekenaarwetenskap (INS2I)
- Instituut vir Ingenieurswese en Stelselwetenskappe (INSIS)
- Instituut vir Wiskundige Wetenskappe (INSMI)
- Instituut vir Aardwetenskappe en Sterrekunde (INSU)
Verwysings
wysig- ↑ The CNRS at 50. (Centre National de la Recherche Scientifique)(Salute to French Technology)
- ↑ France's research agency splits up
- ↑ 2016
- ↑ Butler, Declan (2008). "France's research agency splits up". Nature. 453 (7195): 573. Bibcode:2008Natur.453.....B. doi:10.1038/453573a. PMID 18509403.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Centre national de la recherche scientifique.