Camden-kragstasie
Camden-kragstasie in Mpumalanga, Suid-Afrika, is 'n steenkoolkragstasie wat deur Eskom bedryf word.
Camden-kragstasie | |
---|---|
Ligging | Hoëveld by Ermelo |
Provinsie/Land | Mpumalanga |
Koördinate | 26°37′13″S 30°5′38″O / 26.62028°S 30.09389°O |
Doel | Nywerheid en huishoudelik |
Status | Operasioneel |
Eienaar | Eskom |
Turbines | 8 stoomturbines |
Geïnstalleerde kapasiteit | 3 x 200 MW 1 x 196 MW 2 x 195 MW 1 x 190 MW 1 x 185 MW |
Maksimumkapasiteit | 1600 Megawatt |
Netto opwekking | 1561 Megawatt |
Geskiedenis
wysigCamden is in 1967 in gebruik geneem. Tussen 1990 en 2006 was die aanleg tydelik uit bedryf gestel, maar Suid-Afrika se energiekrisis in die vroeë 21ste eeu het Eskom aangespoor om die stasie weer in gebruik te neem. Daar is begin met eenheid 6 in Julie 2005 en voltooi met eenheid 1 in Julie 2008.
Kragopwekking
wysigKrag word opgewek deur agt 200 MW-eenhede met 'n totale geïnstalleerde kapasiteit van 1 600 MW.[1] Steenkoolenergie na effektiewe omskakeling van elektriese energie is 33,40%[2]
In die geïntegreerde resultate vir 2015 word die nominale kapasiteit gelys as 1 481 MW met 'n bruto kapasiteit van 1,561 MW (3 x 200 MW; 1 x 196 MW; 2 x 195 MW; 1 x 190 MW; 1 x 185 MW).[3]
Die vier skoorstene van die Camden-kragstasie is 152,4 meter (500 voet) hoog.
Kragverspreiding
wysigBenewens vir toevoer aan die Suid-Afrikaanse kragnet, voer Camden, saam met die Arnot-kragstasie, ook die Mozal Aluminium-smelter in Mosambiek via 400 kV-transmissielyne.[2] Mozal verbruik ongeveer 950 MW.[4]
Verwysings
wysig- ↑ "Camden Power Station". www.eskom.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2016. Besoek op 31 Januarie 2016.
- ↑ 2,0 2,1 "Camden Power Station". Eskom. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2013. Besoek op 6 Januarie 2010.
- ↑ "Fact sheets with additional information" (PDF).
- ↑ "SA energy crisis affects Mozambique aluminium export". Engineering News (Creamer Media). 28 September 2008. Besoek op 6 Januarie 2010.
Eksterne skakels
wysig- Camden-kragstasie Geargiveer 5 Augustus 2020 op Wayback Machine op die Eskom-webwerf.