Cannes-rolprentfees 1997

Die 50ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 7-18 Mei 1997 gehou. Die Franse aktrise en sangeres Isabelle Adjani was die voorsitter van die jurie en die Franse aktrise en regisseur Jeanne Moreau het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[1] Altesaam 53 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.

  Cannes-rolprentfees 1997 

Datum 7-18 Mei 1997
Plek Cannes, Frankryk
Aanbieder  Jeanne Moreau
Getal prente  20 (In Kompetisie)
22 (Un Certain Regard)
11 (Kortprente)
Webtuiste  Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek  The Fifth Element
Afsluitingsfliek  Absolute Power
Palme d'Or  Taste of Cherry (Ta'm e guilass)
en The Eel (Unagi)

Die Palme d'Or is gesamentlik toegeken aan Taste of Cherry (Ta'm e guilass) van die regisseur Abbas Kiarostami en The Eel (Unagi) van Shōhei Imamura.[2][3] Die fees is geopen met Luc Besson se The Fifth Element en afgesluit met Absolute Power van Clint Eastwood.[4]

Belangrikste fliekpryse

wysig
Isabelle Adjani (voorsitter van die jurie).
Abbas Kiarostami, ’n wenner van die Palme d'Or.
Prys Rolprent Regisseur Land
Palme d'Or Taste of Cherry (Ta'm e guilass)
The Eel (Unagi)
Abbas Kiarostami
Shōhei Imamura
Iran
Japan
Grand Prix The Sweet Hereafter Atom Egoyan Kanada
Caméra d'Or Moe no suzaku Naomi Kawase Japan
Jurieprys Western Manuel Poirier Frankryk
Kortfilm-Palme d'Or ...Is It the Design on the Wrapper? Tessa Sheridan Brittanje

Ander pryse

wysig
Prys Wenner Rolprent Land
Beste regisseur Wong Kar-wai Happy Together (Chun gwong cha sit) Hongkong
Beste draaiboek James Schamus The Ice Storm VSA
Beste akteur Sean Penn She's So Lovely VSA
Beste aktrise Kathy Burke Nil by Mouth Brittanje

Verwysings

wysig
  1. "1997 Cannes Film Festival Diaries" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2015. Besoek op 14 Desember 2013.
  2. "CANNES FESTIVAL 1997". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 September 2013. Besoek op 10 Desember 2013.
  3. "Cannes, France, 1997" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2019. Besoek op 10 Desember 2013.
  4. "Cannes Film Festival Announces the 1997 Lineup". The New York Times (in Engels). 23 April 1997. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2016. Besoek op 10 Desember 2013.

Eksterne skakels

wysig