Carrol Boyes

Suid-Afrikaanse kunstenaar, ontwerper en sakevrou

Carrol Heather Boyes (21 November 1954 –14 Augustus 2019) was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar, ontwerper en sakevrou.[1] Sy was bekend vir haar luukse huis- en leefstylprodukte wat in 31 lande verkoop is.[1]

Sy het in Pretoria en op 'n plaas naby Tzaneen grootgeword. Sy het beeldhouwerk aan die Universiteit van Pretoria bestudeer en daarna onderwys gegee. Op 35 verlaat sy die onderwys en word 'n voltydse kunstenaar. Sy het bekend geword vir haar eetgerei kunswerke met mense temas.

Sy trou met Barbara Jackson, 'n bekende pottebaker en kunstenaar. Hulle het twee dogters Martine en Kim. Sy word oorleef deur haar twee dogters, twee broers en drie kleinkinders.

Sy sterf op 14 Augustus 2019 in die ouderdom van 65 ná 'n kort siekte.[1]

VerwysingsWysig

  1. 1,0 1,1 1,2 Mariné Lourens (15 Augustus 2019). "Carrol Boyes sterf". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2019. Besoek op 15 Augustus 2019.