Cecil Moss
Cecil Moss (12 Februarie 1925, Riversdal - 27 Oktober 2017, Nuweland) was 'n Springbokrugbyspeler, afrigter en dokter. Hy was saam met dr. Joseph Ozinsky verantwoordelik vir die narkose tydens die eerste menslike hartoorplanting wat dr. Chris Barnard op 3 Desember 1967 gedoen het. [1]
| |||||
Geboortedatum | 12 Februarie 1925 | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboorteplek | Riversdal | ||||
Sterftedatum | 27 Oktober 2017 (op 92) | ||||
Sterfteplek | Kaapstad | ||||
Lengte | 170 cm | ||||
Massa | 80 kg | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Vleuel | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1946–1959 | Westelike Provinsie | ||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1949 | Suid-Afrika | 4 | (0) | ||
Loopbaan as afrigter | |||||
Jare | Klub / span | ||||
1982–1989 | Suid-Afrika |
Hy het in 1949 in vier toetse vir Suid-Afrika teen die All Blacks gespeel; 'n tuisreeks wat die Springbokke 4-0 gewen het. Hy was ook die Springbokafrigter vanaf 1982 tot 1989. Hy spog met 10 oorwinnings en slegs twee nederlae.[2] Na die afsterwe van Piet Malan op 5 Julie 2015 was hy die oudste lewende Springbok tot en met sy afsterwe. Des van Jaarsveldt is tans die oudste lewende Springbok.
Verwysings
wysig- ↑ "Dok se Jood en oudste Bok sterf", Rapport, 29 Oktober 2017
- ↑ Moss se profiel op espn.co.uk, besoek op 7 Julie 2015