Rooiborsswael
(Aangestuur vanaf Cecropis semirufa)
Die rooiborsswael (Cecropis semirufa) is 'n groot swael met 'n rooi kruis. Dit is effens kleiner as die Moskeeswael.
Rooiborsswael | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. semirufa
|
Binomiale naam | |
Cecropis semirufa (Sundevall, 1850)
| |
Sinonieme | |
Hirundo semirufa |
Identifikasie
wysigDie volwasse voël het 'n rooi keel en bors. Die oordek vere is donkerblou en die ondervlerkdekvere is dofgeel. Dit is groter as die swewende rooinekswael met die borskant wat donker, rooibruin is; die agternek is ook donker (nie rooibruin nie) en so ook die wange. Die jong voël het 'n roomwit keel, bors en kort stertwimpels. Dit word ook aan die donkerder ondervlerkdekvere onderskei van die moskeeswael.
Habitat
wysigDit is 'n algemene inter-Afrika somertrekvoël wat leef in grasveld en savanne.
Geluid
wysigDit het 'n sagte kweelsang en maak kwetternote in vlug.
Ander name
wysig- Wetenskaplike naam: Cecropis semirufa
- Engelse naam: Red-breasted Swallow / Rufous-chested Swallow