Centropodia glauca
plant spesie
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Ghagras of Ikagras (Centropodia glauca)[1][2][3] is 'n grasspesie wat inheems aan Namibië en Suid-Afrika is. Dit is 'n bewys van goedbewaarde klimakssandveld. Die gras is baie gehard en kan in dorveld gedy. Dit is 'n meerjarige polgras tot 1m in deursnee. Omdat ghagras min blare het en die halms byna altyd groen is, is dit goed bestand teen brand.[4]
Centropodia glauca | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. glauca
|
Binomiale naam | |
Centropodia glauca (Nees) Cope
| |
Sinonieme | |
|
Dit kom op duine en grasvlaktes voor. Ghagras is beperk tot die Noord-Kaap, die suidelike en westelike dele van Namibië en die suidweste van Botswana.[5] Dit word geëet deur wild, veral gemsbokke.
Verwysings
wysig- ↑ http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1323-1
- ↑ https://gd.eppo.int/taxon/KNDGL
- ↑ https://sabiomes.weebly.com/savanna.html
- ↑ van der Walt, Pieter; le Riche, Elias (1999). Die Kalahari en sy plante. Pretoria: Pretoria. pp. 90–91. ISBN 0-620-23415-6.
- ↑ van Oudtshoorn, Frits (1992). Guide to Grasses of Southern Africa. Pretoria: Briza publications. p. 100. ISBN 978-1-920217-35-8.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Centropodia glauca.