Cessna 208 Caravan
Die Cessna 208 Caravan is 'n veeldoelige vliegtuig wat deur Cessna vervaardig word. Die projek is op 20 November 1981 aangekondig en die prototipe het sy nooiensvlug op 9 Desember 1982 voltooi. Die Federal Aviation Administration het die produksiemodel in Oktober 1984 gesertifiseer.
Tipe | Veeldoelige vliegtuig |
Vervaardiger | Cessna |
Nooiensvlug | 9 Desember 1992 |
Bekendstelling | 1984 |
Status | Aktief en in produksie |
Hoofgebruikers | FedEx Feeder Braziliaanse Lugmag Afghaanse Lugmag Colombiaanse Lugmag |
Vervaardig | 1982 tot tans |
Aantal gebou | 2,600 (Nov 2017)[1] |
Eenheidskoste | 208 Caravan: US$ 2.32 miljoen 208B Grand Caravan EX: US$2.685 miljoen (2019)[2] |
Die Cargomaster vragvariant is vir FedEx ontwikkel. Die Super Cargomaster 208B het in 1986 begin vlieg en daaruit is die passasiersvliegtuig, die 208B Grand Caravan, ontwikkel. Daar word na die vliegtuig verwys as 'n bosvliegtuig.
Die hoë vlerke word ondersteun met stutte en die vliegtuig kan nege passasiers vervoer, die kajuit is drukvry. Dit word aangedryf deur 'n Pratt & Whitney Canada PT6A turboskroefmotor en het nie-terugtrekbare driewieltipe landingswiele. Dit kan ook met ski's of vlotte toegerus word.
Verwysings
wysig- ↑ Textron Aviation (Nov 14, 2017). "Textron Aviation begins delivery of 10 Cessna Grand Caravan EX turboprops to support charter service in Botswana". Persberig. https://txtav.com/en/newsroom/2017/11/textron-aviation-begins-delivery-of-10-cessna-grand-caravan-ex-turboprops.
- ↑ "Purchase Planning Handbook" (PDF). Business & Commercial Aviation. Aviation Week Network. Junie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 10 Mei 2020. Besoek op 15 Desember 2019.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cessna 208 Caravan.