Chhatrapati Shivaji Maharaj Internasionale Lughawe
Chhatrapati Shivaji Maharaj Internasionale Lughawe (IATA: BOM – ICAO: VABB) is the primêre lughawe wat Mumbai, Maharashtra, in Indië, bedien. Dit is die tweede besigste lughawe in die land in terme van totale en internasionale passasiersverkeer naas Delhi, en was die 14de besigste lughawe in Asië en 41ste besigste lughawe in die wêreld volgens passasiersverkeer in kalenderjaar 2019.[4] Sy passasiersverkeer was sowat 49,8 miljoen in 2018. Dit is ook die tweede besigste lughawe wat vragverkeer betref. In Maart 2017 het die lughawe Londen se Gatwick-lughawe verbygesteek as die wêreld se besigste om 'n enkele aanloopbaan op 'n slag te bedryf.[5] Die lughawe se IATA-kode "BOM" word geassosieer met "Bombay", die stad se voormalige wettige naam.
Chhatrapati Shivaji Maharaj Internasionale Lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: BOM – ICAO: VABB | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar | Mumbai International Airport Limited (konsortium) | ||
Operateur | Adani Airport Holdings | ||
Bedien | Mumbai Metropolitaanse streek | ||
Ligging | Mumbai, Maharashtra, Indië | ||
Geopen | 1942 | ||
Spil vir | *Air India
| ||
Fokuspunt vir | FedEx Express | ||
Hoogte bo seevlak | 11 m / 37 vt | ||
Koördinate | 19°05′19″N 72°52′05″O / 19.08861°N 72.86806°O | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
14/32 | 2 990 | 9 810 | Teer |
09/27 | 3 660 | 12 008 | Teer |
Statistieke (April 2022 – Maart 2023) | |||
Passasiers | 43 930 298 ( 50%) | ||
Lugbewegings | 290 387 ( 56%) | ||
Vrag (ton) | 776 934 | ||
Bron: Lughawensowerheid van Indië (AAI)[1][2][3] |
Die lughawe het twee bedryfsterminale, wat oor 'n totale landoppervlakte van 750 hektaar versprei is[6] en hanteer ongeveer 950 vliegtuigbewegings per dag. Dit het 'n rekord van 1 007 vliegtuigbewegings op 9 Desember 2018 hanteer, met 'n rekord van 51 bewegings in een uur op 16 September 2014. In die boekjaar 2020 het die Moembaai-lughawe 45,87 miljoen passasiers hanteer, slegs tweede na Indira Gandhi–Delhi se 67,3 miljoen in Indië.[7]
Verwysings
wysig- ↑ "Annexure III – Passenger Data" (PDF). www.aai.aero. Besoek op 19 Mei 2021.
- ↑ "Annexure II – Aircraft Movement Data" (PDF). www.aai.aero. Besoek op 19 Mei 2021.
- ↑ "Annexure IV – Freight Movement Data" (PDF). www.aai.aero. Besoek op 19 Mei 2021.
- ↑ 2019 Annual Airport Traffic Report (PDF). Verenigde State: Port Authority of New York and New Jersey. 2020.
- ↑ Manju, V. (13 Mei 2017). "Now, Mumbai world's busiest airport with only one runway". The Times of India. Mumbai: The Times Group. TNN. Besoek op 13 Mei 2017.
- ↑ "Mumbai airport" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 20 Januarie 2015.
- ↑ "Leading airports across India in financial year 2020, by number of passengers handled(in millions)". statista. Besoek op 27 Januarie 2021.