China Railways DJJ1
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die DJJ1 "Blue Arrow" (Vereenvoudigde Sjinees: 蓝箭; Tradisionele Sjinees: 藍箭) is 'n soort hoëspoed tweerigtingtrein wat deur China Railways gebruik is. Dit is in 2000 deur Zhuzhou Electric Locomotive Works vervaardig en was tot in 2012 in gebruik gewees.
DJJ1 "Blue Arrow" | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Elektries |
Vervaardiger | Zhuzhou Electric Locomotive Works |
UIC wielklassifikasie | Bo'Bo' |
Lokomotiefmassa | 78 t |
Elektriese stelsel | 25 kV 50 Hz |
Kragverkryging | Pantograaf |
Transmissie | ws-gs-ws |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 210 km/h |
Kraglewering | 4800 kW aanhoudend |
Trekkrag | 211 kN wegtrek 164 kN aanhoudend teen 105 km/h |
Lokomotiefremme | Heropwekkend |
DK-1B elektro-pneumaties | |
Diensgeskiedenis |
Oorsig
wysigAgt DJJ1-stelle is gebou. Elke stel bestaan uit 'n lokomotiefeenheid met 6 passasierswaens, wat 421 passasiers kan dra.
Al 8 treine is deur Guangzhou Zhongche besit en aan Guangshen Railway verhuur.
Aanvanklik het alle DJJ1-treine tussen Guangzhou en Shenzhen geloop, maar sedert Julie 2007 slegs tussen Shaoguan en Pingshi. Hulle is in November 2012 uit diens onttrek.
Verwysings
wysig- Zhuzhou se produkspesifikasie Geargiveer 28 September 2007 op Wayback Machine