Chontsj Noer
Chontsj Noer (Russies en Kalmikies: Хонч Нур) is 'n klein dorpie in Maloderbetofski-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die gelyknamige Chontsj Noer Plaaslike Munisipaliteit. Dit lê 36 kilometer noordoos van die rajon se setel, Malije Derbeti, naby die grens met Astrachan-oblast, 'n ander federale deelgebied van Rusland.
Chontsj Noer Хонч Нур | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Kalmikië in Rusland | |
Koördinate: 48°11′11″N 45°01′14″O / 48.18639°N 45.02056°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Kalmikië |
Rajon | Maloderbetofski |
Bevolking | |
• Totaal | 90 |
Tydsone | UTC+03:00 (MSK, Moskouse tyd) |
Poskode | 359428 |
Die dorpie se naam is 'n verkorting van die Kalmikiese woorde хонцын нур (chontsin noer) wat "reisiger se meer" beteken.
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 het Chontsj Noer 129 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]
Verwysings
wysig- ↑ Bespyatov, Tim. "Republic of Kalmykia. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 24 Julie 2023.