Maloderbetofski-rajon

Maloderbetofski-rajon (Russies: Малодербетовский район, Kalmikies: Баһ Дөрвдә район, Bah Dörvdə rayon) is 'n administratiewe rajon van Kalmikië, Rusland. Dit lê in die noordelike deel van die republiek en grens aan twee ander federale deelgebiede van Rusland, Astrachan-oblast en Wolgograd-oblast. Die rajon se setel is die dorp Malije Derbeti.

Maloderbetofski-rajon
Малодербетовский район
Die ligging van Maloderbetofski-rajon in Kalmikië
Die ligging van Maloderbetofski-rajon in Kalmikië
Politieke status
Land Rusland
Federale distrik Suidelike
Deelgebied Kalmikië
Tipe Rajon
Stigting 1938
Regering
Setel Malije Derbeti
Hoof Sarang Lidzjijef
Bevolking
Sensus 2021
Totaal 9 369
Volgorde 10de
Digtheid 2,56/km²
Statistiek
Oppervlakte 3 666 km²
Volgorde 10de
Tydsone UTC+03:00 (MSK, Moskouse tyd)
Registrasienommer 08
Wapen en vlag
Portaal  Portaalicoon   Rusland

Demografie

wysig

Volgens Sensus 2010 het Maloderbetofski-rajon 10 528 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs en Russe vorm die meerderheid van die rajon se bevolking.[1]

Etniese groep Sensus 2010 Persentasie
Kalmikiërs 5 609 53,3%
Russe 4 312 40,6%
Dargine 140 1,3%
Tsjetsjniërs 107 1%
Ander groepe 360 3,8%
Totaal 10 528 100%

Verwysings

wysig
  1. Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 7 Augustus 2023.