Rugby League Park

(Aangestuur vanaf Christchurch-stadion)

Rugby League Park (ook bekend as Christchurchstadion) is 'n stadion in Christchurch, Nieu-Seeland, wat vir rugby en rugby league aangewend word. Die stadion was vroeër bekend as die Addington Skougronde en word besit deur die Canterbury Rugby League.

Rugby League Park
Lugbeeld van Rugby League Park in 2012

Ligging Christchurch, Nieu-Seeland
Koördinate 43°32′37.32″S 172°36′14.76″O / 43.5437000°S 172.6041000°O / -43.5437000; 172.6041000
Eienaar Canterbury Rugby League
Kapasiteit 18 000 (sedert 2012 vir Superrugby)
Oppervlak Gras
Konstruksie
Renovasie 24 Maart 2012
Huurders
Crusaders (Superrugby) (2012-huidig)
Canterbury Bulls
South Island Rugby League-span

Rugby League Park het ernstige skade gekry tydens die Christchurch-aardbewing in Februarie 2011 en was gesluit tot 24 Maart 2012.[1]

Na die aardbewing moes die pawiljoene afgebreek word. Die AMI-stadion, die hoofsportgronde in Christchurch, het egter heelwat meer skade gely. As tydelike vervanging vir die stad is Rugby League Park opgegradeer na 18 000 sitplekke in Maart 2012 met ’n moontlike uitbreiding na 26 000 vir groot wedstryde. Die gevolg was dat die Crusaders hul basis na Rugby League Park verskuif het vir die 2012 Superrugbyseisoen. Die stadion sou ook die gasheer wees van ’n All Black-wedstryd en ’n wedstryd van die Wellington Phoenix.[2][3]

Wedstryde

wysig

Rugbyliga-toetswedstryde

wysig
Toets# Datum Uitslag Toeskouers
1 29 Julie 1950   Nieu-Seeland versl.   Groot-Brittanje 16–10 10 000
2 27 Junie 1953   Nieu-Seeland versl.   Australië 25–5 5 509
3 1 Augustus 1964   Nieu-Seeland versl.   Frankryk 18–8 4 935
4 19 Julie 1970   Groot-Brittanje versl.   Nieu-Seeland 23–9 8 600
5 4 Augustus 1974   Groot-Brittanje versl.   Nieu-Seeland 17–8 6 316
6 15 Junie 1975   Nieu-Seeland versl.   Frankryk 27–0 2 500
7 12 Junie 1977   Groot-Brittanje versl.   Nieu-Seeland 30–12 7 000
8 5 Augustus 1979   Groot-Brittanje versl.   Nieu-Seeland 22–7 8 500
9 22 Julie 1984   Nieu-Seeland versl.   Groot-Brittanje 28–12 9 824
10 17 Julie 1988   Nieu-Seeland versl.   Groot-Brittanje 12–10 8 525
11 23 Junie 1991   Nieu-Seeland versl.   Frankryk 32–10 2 000

Verwysings

wysig
  1. (en) Afskop uitgestel maar wintersportsoorte verwag om te speel Geargiveer 24 Julie 2011 op Wayback Machine The Star, 4 Maart 2011
  2. (en) Nuwe rugbystadion vir Christchurch New Zealand Herald, 8 November 2011
  3. Gorman, Paul (8 September 2011). "League park Crusaders se nuwe tuiste". The Press (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2017. Besoek op 6 November 2011.

Eksterne skakels

wysig